MG
Michelle G

1 reviews | Active since Jun 2019

12 Jun 2019, 14:54

GESKOK – Diskriminasie by Mugg & Bean. (Vanderbijlpark)

Ons is gereelde kliënte van Mugg & Bean, Riverside Boulevard (In die gat) en het nog nooit probleme met hul diens ondervind nie. Vandag (12/6/19) het dit egter in ‘n oogwink verander nadat ons beleef het hoe personeel twee ou mensies wat agter ons gesit het geviktimiseer het nadat hul gevra het of daar ‘n Afrikaans-sprekende kelner aan diens is wat hul kan bedien. Die kelner wat hul na hul tafel toe geneem het, het ‘n bestuurder gaan roep, die bestuurder het met die ou oom en tannie gaan praat vir ‘n kort rukkie en net geloop.

Vir ‘n hele tydjie het die twee oumensies daar gesit en wonder wat aangaan, waarna ‘n ander kelner kom vra het of hul hulp nodig het. ‘n T****e bestuurderes het by die tafel aangekom en met die paartjie in Engels begin praat. Omdat ons gereelde kliënte was, het ek geweet die bestuurderes (Nedene Greeff) kan baie goed Afrikaans praat. Ek het omgedraai en net vir haar gesê dat die oumensies Afrikaans is en dat sy maar in Afrikaans met hul kan praat. Sy het egter net eenvoudig geweier. Ek het haar na haar gesprek na ons tafel geroep, waarna sy met ons in ongebroke Afrikaans, hard en duidelik gepraat het.

Ons monde het oopgehang toe ons sien hoe ongeskik en arrogant sy met die paartjie gepraat het, nadat hul so hoflik teenoor almal was vandat hulle daar aangekom het.

Is dit dan ‘n sonde om slegs te vra of daar Afrikaanse personeel beskikbaar is?

Moet ons nou vir ons eie taal ook skaam wees?

Volgens die oom het hul nog altyd Afrikaans gepraat met die kelners en dit was nog nooit ‘n probleem nie. Waarom nou ewe skielik en waarom die vyandigheid?

Ek wonder hoeveel % van Mugg & Bean, Riverside Boulevard se kliënte Afrikaans is?

Ons het die arme twee oumensies so jammer gekry, Mugg & Bean sien ons definitief nooit weer nie.

Die Handves van Regte voorsien die volgende reg:

Artikel 9 maak voorsiening vir die reg op gelykheid en lys sekere gronde van diskriminasie en verklaar dat diskriminasie teen enige van hierdie regte as onregverdig beskou word. Diskriminasie ten opsigte van taal is baie duidelik as een van hulle gelys. - Anita Vosser

0
Replies (0)