1 reviews | Active since Aug 2017
DOM ONNOSELLE IDIOTIESE MTN WERKERS
Goeie dag, ek het baie groot probleem met MTN. Sedert 10/08/2018 het ek my rekening by de atm teller van ABSA inbetaal. Oor ek nie 'n R5 en R2 en 'n 2 c kon in sit nie, het ek 'n ronde getal van R70 inbetaal met res van gelde. Ek het instruksies gevolg soos gevra op atm. Seder dien sukkel ek nou 2 mnde dat MTN dit op hulle stelsel moet reg maak. Ek het die laaste 7 weke elke keer 9.8 km gery net om hulle te vra sit aan my selfoon en modem. Die bewys van betaling ek ek al 4 maal ge email en MTN instore het dit ook 4x ge email. Ek het al meer as R150 op my Vodacom rekening uit gebel na MTN hoof kantore toe. Die persone met wie ek wl te doene gehad het was Gwen Nkosi en Thandazani Dlamini. Res kan ek nie name onthou nie. Elke **** as hulle die bewys van betaling ontvang, sny hulle my lyne net dood eenvoudig af. Hoeveel gelde moet ek nog op my vodacom en brandstof mors om hulle te sien en te bel??? Ek is nou regtig raad op.... het al begin leer om te vloek soos 'n matroos!!!Die no van my is 'n besigheids no. EK het 2 weke trug 2 ****rakte van R6800 saam verloor. Ek het verlede week week 'n ****rak verloor. Sodra ek besig is met klient of my werk op modem, is als net dood!!! Dit vat my 2 dae om werk op internet te doen. As lyn af gaan verloor ek dit en moet als weer van voor af begin. Ek verloor tyd, kliente en geld so. Het al lus om MTN te dagvaar vir al die skade wat ek ly. Net oor iemand in MTN se stoele te sleg is om hulle werk te doen. Asb....as iemand my nie nou gaan help nie....gaan ek 'n GROOT koroner skiet. Dit bring al russies in tussen my en my man!!!! Wens ek kon die rating van tereble 10x vir hulle gee......hulle is sowaar dom,. onnoselle idiote wat by MTN werk.....Jy kry ook nooit hulle manager in die hande nie. Die is net so sleg. Almal het alewig 'n ander verskoning hoekom hul nie my betaalde rek kan herstel nie. Nee sal eerder in hul idiotiese toestand maar lyn afsny. Hul wil werk maar kan nie die werk doen nie.
