1 reviews | Active since Mar 2017
SWAK DIENS!
Ek het my rekening ten volle vereffen op 25 Junie 2018. Ek het 'n paar stewels op die rak geneem en wou dit betaal, maar hulle bankkaartmasjien was van lyn af, so ek het die stewels toe op my rekening geplaas wat my balans dan gelaat het met SLEGS R239-99.
Ek het toe op 27 Julie 2018 'n betaling van R150 vir die stewels gemaak, maar 'n week later het ek opgemerk dat dit op die nate skeur wat aandui dit is 'n swak produk. Ek het die stewels na die tak by die Mooirivier Mall in Potchefstroom terug geneem en gevra vir 'n terugbetaling. Die personeel by die winkel het my nie verstaan toe ek my R150 terug gevra het nie (betaal op 27 Julie nie), die personeel en aanhou wys vir my op die rekening dat die stewels van my rekening afgehaal is. Hulle het ook geweier om Afrikaans met my te praat.
Ek het op 16 Augustus 'n rekening ontvang wat aandui dat ek steeds R123.85 moet betaal, m.a.w. R273-85 dan in totaal vir 'n aankoop van eintlik R239-99, dis R33-86 wat ek meer moet betaal vir 1 item WAT NIE MEER IN MY BESIT IS NIE EN WAT EK REEDS R150 OP BETAAL HET EN NIE TERUG GEKRY HET NIE!!!!!
Ek het al 5x eposse gestuur en tot vandag het GEEN persoon vanaf Mr Price my nog terug ges***el en die fout reggestel of my R150 terug gegee nie!!! SWAK SWAK SWA****
Good day
Thank you for making contact with us and bringing this to our attention. This response serves as confirmation that your query has been received. Please be assured that we have tasked our customer care team to investigate and provide feedback as soon as possible.
Kind Regards
Mr Price
Good day
Thank you for making contact with us and bringing this to our attention. This response serves as confirmation that your query has been received. Please be assured that we have tasked our customer care team to investigate and provide feedback as soon as possible.
Kind Regards
Mr Price
