1 reviews | Active since Oct 2016
Motors and More bad service
MOTORS. AND MORE CAPE TOWN . PLEASE TAKE NOTE Ek het twee enjin by MOTORS AND MORE gekoop. Altwee engine het probleme gehad. Fugo het gese ek moet een motor, die Amarok motor terugbring en hulle sal my geld teruggee. R37500.00. Dit is vier dae en ek kry niks uit hulle uit nie.Hy ignoreer my ooroepe, reageer nie op boodskappe nie en hulle weier om die eienaar se nommer vir my te gee. Ek het die enjin gaan haal en teruggeneem op my koste. Ek verloor die arbeid wat ek spandeer het plus filter en olie. Hulle betaal nie my geld terug nie en reageer nie op my boodskappe nie. Die ander enjin moes ek oordoen. Hulle het van die onderdele betaal. weereens verloor ek al die tyd, olies en filters. Ek het n kliënt verwys om n Nissan diesel enjin te koop. Hy het presies dieselfde swak diens gekry. Ek voel ek kan nie iemand aanbeveel om n enjin te koop by hulle nie. Ek is n lid van RMI en gaan hulle rapporteer daar en ook aangee by die motor nywerheids ombudsman. Ek sal ook n kennisgewing aan die verbruikersraad rig. Ek voel ek kan geen stergradering gee nie. Ek sal op Hellopeter ook n kennisgewing rig met die laagste stergradering. Ek moet erken dat ek en my seun lankal besigheid met hulle doen, hierdie swak diens is die laaste paar maande. Ek koop n enjin om geld en tyd te spaar, dan moet ek hom oordoen op my koste. Watter swak besigheid vir my en langer wag vir my klieënt. Fugo se beloftes en leuens al die tyd help my ook gladnie. Ek het ook n besigheid en die tipe leuens en tyd uitrek staan my gladnie aan nie.
