1 reviews | Active since Aug 2020
Passop vir Produkta Nelspruit
Ek het n voertuig in geruil op n ander by Produkta in Nelspruit in Julie2020. My ervaring was baie goed en alle partye het oop kaarte gespeel. Dus het albei partye vinnig ooreen gekom met pryse(al het hulle my 30k onder inruil aangebied omdat die kar foutjies het) en reelings. Een van die ooreenkomste was dat hulle die duikies en kraak in voorruit van die voertuig wat in geruil word, kan laat reg maak op my versekering voordat ek die voertuig afhaal. Die voertuig wat ek ontvang is ook aan my verkoop met n vol diens rekord(wat natuurlik die prys ook op stoot)
Nadat die transaksie deur is het ek versoek dat daar vir my gese is wanneer die voertuig wat ek gekoop het se laaste diens was( Ek het n waarborg ook saam die voertuig geneem wat slegs sal uitbetaal as die dienste op datum is). Ek wou ook weet wanneer die laaste diens was omdat ek moet weet wanneer die volgende diens moet gedoen word.
Ek het verskeie keure veroek maar al antwoord wat ek kon kry was gewees: Ons belowe hy is gediens. Maar weet nie op watter km nie.
Intussen het ons kwotasies ontvang van regmaak van die voertuig wat in geruil is se stampies(wat belaglik duur is) en dus ook die bybetalings bedrae van die eise. Daar was vir my gese dat ons kan gesels oor die bybetalings en ek het dit duidelik gemaak dat ek oop is daarvoor. (Neem in ag dat die voertuig wat ek ontvang het ook duike en stampe het, dit is immers 2de handse voertuie en albei partye het van alles geweet)
Die volgende gesprek wat ek vanaf die verkoopsman ontvang is dat sy baas slegs vir my n diens sal laat doen indien ek die volle bybetaling betaal, en dat ek ook die versekering en eise kan kanselleer. Ek was in die begin nie teen die betaal van die bybetaling gewees nie, maar ek gaan nie dat ek gedreig word deur die mense wat nou duidelik nie die ooreenkomste wil nakom nie.
Intussen het ek menige oproepe gemaak en boodskappe gestuur maar dit word geignoreer. Al wat ek wil he is n bewys van die laaste diens(van die vol diensrekord volgens hulle) sodat ek kan weet my waarborg wat hulle aan my verkoop het sal uit betaal en sodat ek kan weet wanneer is die voertuig se volgende diens.
Ek het natuurlik bewyse van alles wat ek hier sê, behalwe die oorspronklike gesprek van die vol diens rekord
