MV
Maryna V

1 reviews | Active since Aug 2017

01 Aug 2017, 14:22

Motolek Stikland

<p>Motolek Stikland het een van die onbeskofste Eienaars/Bestuurders(Thys Van Eck) wat ek nog ooit tee gekom het. My motor is 'n goeie 11 jaar oud en haar "headlights/misligte en reverse" lig het my nou probleme begin gee. Ek is na Motolek Stikland verwys deur 'n baie goeie vriendin van my. Met my eerste besoek aan Motolek het ek aan die werkswinkel persoon gevra om na my motor se bedraading te kyk en ook hoekom my "reverse" lig nie werk nie. Dit mag dalk moontlik die vervanging van die globs wees of bedraading maar ek het gevra dat hulle na altwee moet kyk. Ek het voor by die ontvangs gewag terwyl die werkswinkel personeel besig was met my motor. Die terugvoer wat ek van die werkswinkel persooneel gekry het was dat dit net nodig was om van die globes van my "headlights/misligte" te vervang. Hulle moet ook ongelukkig vir my 'n "reverse switch" bestel want dis hoekom my reverse lig nie werk nie waarvoor ek weer my motor moes terug bring wanneer die part daar is. Daarmee het ek nie 'n probleem gehad nie. Die vriendelike ontvangsdame het my 'n dag daarna laat weet dat die part daar is. Ek het aan haar genoem dat ek by hulle sal uitkom sodra ek weer 'n afdag kan insit want Motolek is in Stikland en ek werk in Bellville. Ek kan ook nie 'n afspraak by hulle maak nie. Ek moet my motor vroegoggend bring. Ek het 'n week met my motor gery toe werk die een headlight nie meer nie. Ek het Motolek inkennis gestel daarvan en ek is deur die vriendelike ontvangs dame inkennis gestel dat hulle daarna sal kyk wanneer ek my motor bring vir die insit van die "reverse switch". Na die, is ek deur die werkswinkel personeel gerus gestel dat my motor se ligte nou werk. Ek het hulle 'n paar keer gevra omdat ek nie elke keer kan terug kom dat hulle weer moet kyk hoekom die ligte nie werk nie want ek moet elke keer 'n verlof dag insit en hulle het weer bevestig dat dit werk. Dis nou omtrent 2 x weke later en ek sukkel weer met 'n "headlight". Ek het Motolek gebel en my frustrasie aan die vriendelike ontvangs dame oorgedra. Sy het heeltemal verstaan en my deur gesit na Thys. Ek het dieselfd aan hom verduidelik en hy het aanbeveel dat ek dan my motor vir 'n "onbepaalde" tyd by hulle moet los dat hulle deur die motor se bedraading kan kyk. Eers kan hy nie vir my sê hoe lank die "onbepaalde" tyd sal wees nie tot ek aan hom genoem het dat ek kan nie sonder 'n motor wees vir 'n "onbepaalde" tyd nie. Ek moet ongeveer weet hoe lank dit gaan vat sodat ek reelings kan terf by die werk. Ook het ek nodig om ongeveer te weet wat die "skade" gaan wees aan my budget, Thys was so onbehulpsaam en onvriendelik dat ek my frustrasie aan hom oorgedra het dat dit voel vir my of my motor nou slegter af is as wat hy was voor ek hom na hulle gebring het....Thys se antwoord was die volgende aan my" Ag asseblief, asseblief, As jy nie gelukkig is nie, gaan soek 'n ander Auto electrician". Dit was die swakste, disrespekvolte "kliente diens" wat ek nog ooit ervaar het. Dit gee hom ook nie die reg om so met enige iemand te praat nie. Ek sal Motolek aan niemand aanbeveel nie.</p>

0
Replies (1)
Motolek
Motolek's reply10 Aug 2017, 13:29
Official

Middag Maryna,

Eerstens, vra ons groot onverskoning dat ons nou eers terugkom na u toe.

Ons neem alles in ag hierbo, en sal die saak ondersoek. U kan ons gerus ****ak by *** (Verensia Vermaak)

Ek stuur ook u boodskap aan ons Regional Franchise Manager.

Ons sal gou in ****ak kom.

Dankie,

Die franchise span.