1 reviews | Active since Jun 2024
KLAGTE: SWAK DIENS MORESA PROPERTIES CC
My klagte is teen MoreSA Properties Bestuurder CJ Potgieter en agent is Brendon.
Ek het in getrek 15 Desember 2023 in No 63 Somerset Place, Vergelegen Street, Witpoortjie.
Niemand het 'n inspeksie gedoen saam my toe ek in getrek het nie. Too ek ingetrek het, het ek al die foute aan Brendon deur gegee: • Die stoof trip al die krag heeltyd so ons kan NIE die stoof gebruik nie • Daar was 'n waterlek in die badkamer; • Die miere vreet die kaste by die stoof en ek het aan hulle gesê ek vermoed dat die miere ook die probleem van die stoof kan wees; • Die vlek teen die muur - dis klippiemure - so ek wil nie net enige skoonmaak middels gebruik nie, ek verkies dat hulle iemand stuur. Dit was in voorhuis en in gang.
Van al hierdie goed het ek fotos en videos geneem en vir Brendon gestuur en hy het elke keer gesê dit is die eienaar se probleem. Ek het telkemale aan hom bevestig dat dit wel so is en dat hulle die agent is en hulle moet namens my met die eienaar ****ak maak om probleme uit te sorteer.
Voor ek in getrek het, het ek R19450 aan hulle betaal as deposito.
Van einde Februarie tot middel April was ek in uit die hospitaal waarvan ek 'n geruime tyd in 'n koma was. Niemand het daar gewoon nie, want dit was slegs ek en my seun van 12 wat daar gebly het. In die tydperk wat ek in iehospitaal was, het my seun by sy ouer broers en by my ouers gewoon.
Toe ek uit die hospitaal kom, toe word daar rekeninge gestuur dat ek agter is as gevolg van prro-rata wat hulle toe wil hê ek moet betaal omrede ek die 20ste van elke maand betaal en nie die einde van die maand nie.
Volgens hulle rekeninge afdeling was dit reg so en het my in krediet gesit, maar omrede die eienaar se vrou dit nie verstaan nie moes ek toe Pro-rata betaal wat ek gedoen het net om vrede te bewaar.
Steeds was daar ander probleme en gedurende die tydperk in die hospitaal en die tyd toe ek in die koma was, was daar gese ek betaal nie. Ek het bewyse van al my betalings gemaak aan MoreSA. Ek sal dit wil aanheg maar is nie oortuig ek sal regkom nie.
Nadat ek die laaste keer ontslaan is in April toe laat weet hulle my op skrif dat ek teen die einde April moet trek. Dit was letterlik 'n week grasie wat hulle my gegee het om ander verblyf te soek. Ek was steeds baie siek plus om weer dubbel depisito en rent te betaal na ek reeds my tent aan hulle oorbetaal het was netnie moontlik nie. Op daai stadium toe versoek ek of dit moontlik is dat ek dalk net nog 'n week langer kan aanbly.
Hulle het my vereoek om die bedrag van R1452 te betaal wat ek gedoen het en net na die deponering toe sit hulle krag af.
Ek kan nie met my kind in 'n plek woon sonder krag nie. Ek moes familie vra om te help met blyplek anders was ek en my seun op straat.
AL DIE GEBEURE NADAT EK ALLES GEDOEN HET SOOS HULLE MY GEVRA HET EN BETAAL HET SOOS HULLE MY GEVRA HET.
EN NOU IS ONS AL IN JUNIE EN EK HET NOGSTEEDS NIE MY DEPOSITO TERUG NIE.
EK MOES AL WEER MY NEUROSURGEON GAAN SIEN HET MAAR KON NIE WANT EK HET NIE GELD NIE WANT JC HET ELKE DAG ANDER STORIES MAAR TER SELFDE TYD BELOWE HY ELKE DAG DAT DIT BETAAL GAAN WORD.
Skielik na JC se beloftes dat my deposto eprosseer word toe ontvang ek skielik 'n rekening dat ek hulle geld skuld.
Ekk is verby moeg gesukkel met hulle en is lankal verby mooi vra vir my geld wat na my toe moet kom, plus dan praat ek nie eens van al die ongerief wat hulle my al deurgewit het nie. Ek het nie meer medikasie nie as gevolg van MoreSA wat nie my geld betaal nie en my in 'n finansieële verknorsing gesit het om so skielik na my ontslaan ui die hospitaal vinnig moes plan maak om ander blyplek te moet kry vir my en my seun.
Helopeter is my nou my laaste uitweg op hierdie stadium. Ek weet nie meer wat om te maak nie.
Die Uwe Belinda Harper (Coetzee my nooiens Van)
