1 reviews | Active since Jun 2024
KLAGTE: SWAK DIENS MORESA PROPERTIES CC
Aan wie dit mag aangaan, Eenheid: 63 Somerset Place, Vergelegen Straat, Witpoortjie Huurder: Belinda Harper (Coetzee nooiensvan)
Ek het so pas my klagte deurgestuur aangaande MoreSA maar ek het pas onthou dat hulle geensins die "exit" inspeksie saam my gedoen het nie. Daar was niemand beskikbaar daarvoor nie en ek was opdrag gegee om die eenheid se sleutels by sekuriteit te los. Ek is van die opinie dat omrede die agentskap nie die in of uit inspeksie saam my gedoen het nie ek nie verantwoordelik gehou kan word vir enige iets wat volgens hulle dalk 'n probleem mag wees nie. Daarmee saam kan hulle my daarom nie penaliseer wat my deposito aanbetref nie.
Ek was in kennis gestel dat daar sekere bedrae vanaf my deposito afgetrek gaan word en dit is heeltemal onaanvaarbaar.
Ek het alle bewyse van korrespondensie en betalings aan hulle gemaak dus kan u met my ****ak maak indien enige skrywes benodig word.
Die uwe Belinda Harper (Coetzee)
