HK
Hanelie K

1 reviews | Active since Feb 2019

13 May 2021, 10:37

Bad service Monsta Ink

Ek & my man het vir ons ring tattoos laat doen by Monsta Ink Pavilion in Des 20. Binne 2 weke het die ink verdwyn & ons het die eienaar ges***el om te hoor hoekom. Wonder bo wonder na baie eposse & Whatsapp boodskappe het hy my man geantwoord. Hy het aan ons verduidelik dat die naalde nie diep genoeg ingegaan het nie en dat hy dit vir ons oor sal doen en dat ons enige tyd na die Ushaka tak toe moet gaan. En weereens met baie opvolg eposse en Whatsapp boodskappe wat nie bantwoord word nie, het ons toe besluit om Sat 8 May Ushaka toe te gaan. Die persoon wat ons mee gepraat het by Uashaka (RB) het ons verwittig dat Gary nie inkom nie en meeste van die tyd is hy nie by die takke nie. Ons het gevra wat moet ons doen en hy het gese ons moet net n uur wag dan bel hy ons... en so hang ons toe vir n uur en n half by Ushaka rond en ons wag vandag nog vir die oproep. Ek het intussen n epos direk aan die eienaar gestuur om ons te "refund" sodat ons dit by n ander plek kan gaan oordoen. Geen kommunikasie vanaf Ushaka, Pavilion of die eienaar af nie. Volgens die "Comsumer board "moet hulle ons refund. Die probleem is dat hulle glad nie kommunikeer nie of is net nooit beskikbaar nie. My man se tattoo is nou al heeltemal af.

0
Replies (0)