1 reviews | Active since May 2018
HOEVEEL KEER MOET EK NOG MY DEBIET ORDER KANSELEER????
Op 23 Februarie 2018 het ek kennis gegee by MonitorNet Brits en hulle het die diens beeindig. Die laaste debiet order sou op 26 Februarie afgaan, aangesien jy 'n maand vooruit betaal. Op 23 Februarie is die sender ook uitgehaal. Aangesien ek probleme met die alarm gehad het agv weerlig. Hoeveel keer moet ek nou nog vir iets betaal wat ek nie eers meer het nie????? Op 26 Maart EN 30 April word diesefde debiet order wat ek 2 MAANDE terug gekanseleer nogsteeds maandeliks afgetre****!! Ek was by Brits tak na 26 Maart en hulle het my verseker dat dit nie weer sou gebeur nie, maar nogsteeds trek julle getrou die geld elke maand af. Dit is nie my plig om in te gaan bank toe om julle probleem reg te stel nie. Die Brits tak het my vertel van 'n Sonja wat daarvoor verantwoordelik was. Dat sy nuut is en onder die werk toe gegooi is. As dit wel die geval was, moet jy in die eerste plek nie iemand in so posisie he wat nie weet wat aangaan of nie bekwaam is om die werk of die druk te hanteer nie. Ek wil regtig net weet hoe moet ek nog vir julle "Diens" betaal as ek nie eers meer die sender in my huis het nie, en die alarm 2 maande terug gekanseleer het?????? Sorteer julle problem uit, en stel iemand aan wat bekwaam is om die werk te kan doen!! Want die volgende stap is 'n klag by die polisie.
