1 reviews | Active since Oct 2009
Swak dienslewering
So vat ek my foon die 31ste Mrt mobifix toe nadat ek orals gehoor het dit word so fantasties geadverteer. Dis n Samsung iets, die foon het begin snaakse goed doen. Ja laat weet hulle my die skerm moet vervang word, R2600 later is die skerm reg kry n nuwe cover vir die foon, baie nice. Toe ek by die huis kom spring die foon nogsteeds rond en jy kan niks gedoen kry nie. Toe daar iewers iets gebeur begin die foon met software update en daar wil hy nie restart nie. Ek vat die foon terug na hulle toe, nee dis die sagteware. Hoekom het hulle nie van die begin af dit gekyk nie, ek verloor al my nuwe videos, fotos ens. Nou is die foon nie onder waarborg nie want die skerm is weer stukkend(jy moet met n bioniese oog kyk om dit te sien), nooit aan die software gewerk nie. Ek sal hulle glad nie aan beveel nie, buiten dat dit n klomp geld gaan kos en gekos het dat ek alles verloor wat belangrik is. Toe ek die foon na die 1ste keer teruggekry het was die foon nog presies dieselfde, nou is dit my fout, en hulle was onmiddelik in kennis gestel. Wees versigtig, geen na verkope diens, daai waarborg is vir die maan. Maak seker jou foon word kry n jobcard en van hoe jou foon lyk as dit ingeboek word. My 2de keer geneem, nadat my foon in n kas gele het en nie gebruik is nie, binne in n cover, nou is die skerm ewe skielik weer stukkend en hulle weier om na die foon te kyk. Ek wil net weet hoekom kry die klient nie die voordeel van die twyfel nie, dit gaan oor geld maak. Be aware, be very aware🤡🤡
Jou man se persoonlike dreigemente aan my personeel is nie welkom nie.
Jou man se persoonlike dreigemente aan my personeel is nie welkom nie.
