SZ
Stephan Z

1 reviews | Active since May 2019

30 May 2019, 10:45

Uitstekende klientediens Miway personeel

Ons Mnr en Mev Zwarts wil vir Lesego Phatshwane baie dankie sê vir die uitmuntende diens wat ons na die ongeluk wat ons op Sondag 26 Mei 2019 in betrokke was, ontvang het van n baie bekwame dame en empatie met ons situasie betuig het. Op Maandag 27 Mei 2019 vroeg die oggend is ons ges***el deur Lesego en gerus gestel dat sy die registrasie van die eis en die spoedige afhandeling daarvan sal bevorder. Tydens die verloop van Maandag het ons verskeie oproepe van haar ontvang om ons op hoogte te hou aangaande die eis en weereens na ons welstand verneem. Ongeveer 15h00 is ons meegedeel dat ons eis afgehandel is en ons voertuig gereed is. 15h30 het ons die voertuig in ontvangs geneem en na ons woning vertrek. Tydens die rit van 148km het ons verskeie oproepe van Lesego ontvang en weereens na ons welstand verneem. Met ons kennismaking Maandag oggend en die hele verloop van Maandag het sy ons belange op die hart gedra. Selfs nadat sy alreeds van diens was het ons n laaste oproep om 18h02 van Lesego ontvang. Sy het weereens na ons welstand verneem en n voorspoedige reis toegewens en ons meegedeel dat sy nou van diens is, maar indien ons enige probleme ondervind ons direk met Miway moet s***el. Miway, hierdie dame Lesego Phatshwane reflekteur 'n positiewe beeld van bekwaamheid en menslikheid en is beslis n aanwins vir die maatskappy Miway. Weereens baie baie dankie Lesego.

0
Replies (1)
MiWay Insurance
MiWay Insurance's reply30 May 2019, 12:48
Official
Wow - dit is so 'n fantastiese kompliment en presies die soort terugvoer waarvoor ons streef! Dit is so wonderlik om te hoor dat Lesego so entoesiasties is om fantastiese diens te lewer en ons is so bly om haar op ons span te hê. Dankie dat jy die tyd geneem het om jou positiewe ervaring met ons te deel. Ons sal haar sekerlik die erkenning wat sy verdien, wys en ons sien daarna uit om julle vir die komende jaar beïndruk te hou!

Beste wense,
Die MiWay Span