1 reviews | Active since Mar 2022
Miway
Na wie toe kan ek gaan as al die instansies my klagte ignoreer? 15 Februarie word my voertuig ingesleep deur QA Towing, Ruan die opdrag van versekerings mpy uitgevoer.... .en hulle lewer weer d voertuig aan die versekeraar, nl. Miway, se insleepdiens First Help, in die Rand. Tussen hierdie twee insleepdienste, verdwyn die battery en word dit vervang met ń battery wat reeds 5 jaar oud en verval is, met ń los sticker van die aanvanklike battery en verskil die sticker van die battery model inderdaad. Die eerste insleepdiens het spaarwiel opgesit met die vervoer van voertuig na Miway se insleepdiens en assessor,,,,, en beweer die eerste insleepdiens dat hulle moes die spaarwiel noodgedwonge opsit vir die vervoer na die Miway se insleepdiens nl. First Help Johannesburg..... sedertdien is die lock-nut net weg, en kan ons glad nie die wiele van die voertuig afhaal nie! Eerste insleepdiens nl. QA Towing beweer.... dat hulle die lock-nut in die kattebak, en dan weer in die motordeur, en dan weer by hulle op kantoor het, en het allerhande storietjies, maar die lock-nut is nou net weg, en niemand kan rekenskap gee, en die een QA Towing, skuif die blaam na die ander nl First Help ....!Na aflewering van die voertuig by my huis deur die 2de insleepdiens naanlik First Help,,,, is met aanvangs van my voertuig, 2de insleepdiens dus First Help....se se tou-trok aldan lowbed, vol olie wat uit my motor gelek het... en my motor het ń gat in die sump, ongeveer ń R2.00 stuk grootte. By navrae hoekom my voertuig in hierdie toestand aan my afgelewer word....? Ontken albei insleepdienste dat hulle enige skade aangerig het en weier om enige verantwoordelikheid te vat vir my skade. Ongeag fotos en bewyse dat tussen hulle 2 maatskappye my voertuig skade gely het. Laasgenoemde gebruik die verskoning dat ek onbeskof is en nou glad nie meer met my gaan praat, om redes wat hulself pas, om hulle kwyt te skeld van enige kommunikasie, en dus gemaksone om nie verder in te gaan op my ongelukkigheid en skade. Wat sou my beste opsie wees ten einde die twee insleepdienste te rapporteer, en waar? Want my voertuig is beskadig, battery verwyder, en locknut net weg... en die gat in die sump....en niemand vat enige verantwoordelikheid daarvoor nie. Help asseblief....! Miway weier ook om my eis uit te betaal, en beweer dat ek nie gereelde bestuurder was nie. en het ek my seun toegelaat om van tyd tot tyd met my motor werk toe te gaan, en was hy verseker nie die hoofbestuurder en of mees gereelde bestuurder nie... So al my premiers wat ek aan die versekeraar oorbetaal het is nutters en sê hulle dat hulle my premiers van die afgelope 2 jaar aan my terug sal betaal, en wat opk van die premiers beskikbaar is gaan hulle vir die insleepdiens betaal dis sowat R11 000.00. Dus gaan ek nie eens ń sent terugkry nie en sit ek met ń geweldige verlies, en is die voertuig boonop nog op huurkoop. Miway word so sterk aan jou bemark deur die motorhandelaar die dag as jy finansiering reel, min wetende, hulle gaan in elk geval ń verskoning hê, om nie jou eis te erken nie....
Best regards,
The MiWay Team
Best regards,
The MiWay Team
