CR
Charl R

1 reviews | Active since Aug 2018

27 Aug 2018, 09:57

Goeie diens van Miway

Ek was baie ontevrede met miway omdat hulle op my versekering meer gevra het vir 'n item, en ek was op die punt om my versekering met miway te kanseleer omdat ek voel ek was ingedoen. Ek het toe met 'n Senior konsultant by Miway gepraat met die naam van Phemelo. Hy was baie geduldig en behulpsaam en het saam met my deur die polis gegaan en alles verduidelik, en gekyk of hy kan help om my polis te verminder. Lang storie kort, hy het gehelp om amper R300 minder te betaal op my maandelikse premie. So ek is baie bly, en waardeer die geduld en hulp wat ek van miway gekry het. Hulle het regtig hulle bes gedoen om my as 'n klient te behou.

0
Replies (1)
MiWay Insurance
MiWay Insurance's reply27 Aug 2018, 16:06
Official

Ons is so bly dat Phemelo kon help om jou in die MiWay-familie te hou! Ons sal beslis die kompliment aan hom oordra.

Best regards,
The MiWay Team