1 reviews | Active since Oct 2024
Definitief NEE
‼️Ek sal hulle definitief NIE aanbeveel vir lang afstand treke nie. ‼️
Ons het verhuis en Marco en sy span gebruik. Nadat Marco gesien het hoeveel goed getrek moet word het hy met ‘n te klein trok opgedaag en moes dus twee trekke doen. Die eerste vrag meubels is afgelaai maar niks wat ons dringend nodag gehad het(soos ‘n bed en klere) wat hy belowe het hy sal reel om met die eerste trek after te gaan. Die res van ons goed was toe in n storage unit.
Na hy baie mooi praatjies en beloftes aan ons gemaak het en nadat ons die volle bedrag van die trek vir hom moes oorbetaal het omdat hy geld geskuld het aan die storage unit en hul nie wou oopsluit sodat hy ons mebels kon laai nie, het hy ons net ‘n dowe oor gegooi. Hy andwoord nie ons oproepe of ons boodskappe nie.
Ons moes toe met n ander trek company gereel om die res van die ons goed te bring wat ons nog baie meer gekos het.
Ons het toe vir Marco gese dis net regverdig dat hy die helfte van ons geld terug betaal. Aangesien hy net die helfte van ons trek gedoen het. Maar tot dus ver is daar geen komunikaasie van sy kant af nie.
Dis die swakste diens wat ek al in my lewe gekry het.
Trek is reeds so stresvol. En dis die laaste ding wat ons nodag gehad het.
