Uitstekende Oftalomoloog!!!
<p>Ek is so vriendelik verbaas oor die uitstekende diens wat my ouma by Dr. Dayaram ontvang het. Ek was saam haar by verskeie dokters, omdat sy die katarakte op haar oë moes laat verwyder, maar sy het met niemand gemaklik gevoel nie. Uiteindelik deur 'n verwysing was ons toe na Dr. Dayaram toe vir 'n konsultasie. Hy het so baie tyd (meer as 'n uur) met haar konsulteer oor presies wat 'n katarak is & in soveel diepte met haar gepraat oor wat hy gaan doen om dit te verwyder. Hy het die hele proses vir haar stap-vir-stap verduidelik sodat sy presies weet wat gaan gebeur. Hy praat so mooi Afrikaans & sy het so gemaklik gevoel & uiteindelik besluit dat hy die operasie moet doen. Sy was ongelooflik gelukkig met sy diens. Hy is so vriendlik & behupsaam, ek sal hom enige dag anbeveel! </p>
