mM
madelein M

1 reviews | Active since Oct 2012

22 Aug 2020, 08:18

Begrafnis polis - wag al 5 weke vir uitbetaling

Ek is baie ontevrede met diens wat ons van Metropolitan ontvang het. Ons het n eis gaan registreer op die 23ste Julie en het nog geen uitbetaling ontvang nie. Vandag is al die 22ste Augustus. Elke keer is daar ander verskonings. Het ook al twee emails gestuur na Veronique by die Uitenhage tak wat ons gehelp het, maar kry geen antwoord ni. Metropolitan se dat eise binne 48 uur afgehandel word. Wil hulle nou 48 dae neem? My ma is 78 jaar oud en moes gaan geld leen om my stiefpa te veras, aan gesien die begrafnisondernemer nie meer langer kon wag nie. Dit was toe al twee weke en my stiefpa was nog nie veras ni. Noem mens dit goeie diens? Ek gaan beslis my polis wat ek sedert 2001 het ook nou kanselleer en aan al my vriende en kennisse van ons ervaring vertel. Hierdie gaan nie goed wees vir Metropolitan ni. Wys mens is net n nommer en niemand gee om ni. Moes seker ook met kis by kantoor ingestorm het soos wat old mutual kliente maande gelede gedoen het. Die rente wat my ma nou op die lening gaan betaal gaan haar maandelikse sassa pernsioen laat krimp. Is dit hoe metropolitan met hulle kliente werk? Patetiese kliente diens.

0
Replies (1)
Metropolitan Life
Metropolitan Life's reply24 Aug 2020, 08:33
Official
Dear Madelein,   thank you for sharing your concerns with us.  I am sorry to hear about the difficulties your mother  has experienced with the claim. 

A claims assessor will be in contact to see how we can resolve the matter.  

Regards 
Client Care