CC
Carlo C

1 reviews | Active since Mar 2018

30 Apr 2024, 20:32

Mercury - they don't care!

Mercury versekering – WAAR begin ek met julle? 'n pooging tot inbraak en ‘n eis wat al op 14 Maart ingedien is, is NOG nie afgehandel nie! Ek wag geduldig, julle het al die assessor 'n week en 'n half terug uitgestuur, en vandag kry ek 'n oproep van 'n "ondersoekbeampte" wat weer wil kom kyk na my inbraakpoging.

Intussen sit ek met 'n oop deur en slaap al vir amper 2 maande in my eie huis se kantoor, want die deur kan nie meer sluit nie en die veiligheidshek moes ek iemand kry om dit weer te kom probeer regmaak. Intussen mag ek niks aanraak voordat julle nie klaar is nie? Nou wat as hulle terugkom en my vrou aanrand en my kinders se kele afsny omdat ek NIKS aan die saak mag doen totdat JULLE klaar is nie? Intussen slaap ek maar voor in my huis, want my kamer is agter en ek sal beslis niks hoor as iemand hier binnekom nie!

Julle assessor was al hier, maar nee dit is nie genoeg nie en julle wil nou nog iemand stuur, dit klink vir my of julle vir tyd speel. Ek is nou net mooi gatvol dat ek elke maand moet betaal, maar sodra ek my eerste eis by julle instel is daar al 'n probleem – dus beveel ek MERCURY vir niemand aan nie, julle moet dalk julle naam verander van "Mercury" na "ons voel ***ol"!! – ek is verby gatvol vandag en ek dink ons het mekaar nou baie mooi oor die foon verstaan ook, ek het julle gesê ek sal dit NIE daar los nie!! Soos ek nou vir 2 maande in my kantoor moes slaap, sal ek die volgende 2 maande vat om al julle kleinte teen julle werk! Wat my betref kan julle nou maar julle versekering vat en druk waar die son nie skyn nie, ek sal julle by die ombudsman gaan sien – met bewyse natuurlik! - genoeg is nou genoeg!!

0
Replies (0)