1 reviews | Active since Aug 2018
Osoon vir Atritis
Ek is 6 jaar gelede gediagnoseer met fase 5 Rumatoiede Atritis. Baie pyn, swelsel en beweging was beperk. 5 vers****ende pille daagliks gedrink. n Jaar gelede het ek n oproep ontvang vanaf Lavender Health om ons te besoek. Nuuskierig het ek ingestem. Hul aanbieding was hoogs professioneel en al hul aannames en statistieke kon hul bewys. Nogtans was ek skepties oor die "Osoon Masjien". My man het dit egter dadelik gekoop in die hoop dat dit sal help. Ek het dit daagliks begon gebruik. Die ongelooflike vars, skoon aroma van die toestel het my dadelik getref. Die eerste 3 weke het ek erger as vroeer gevoel (soos die konsultant verduidelik en gewaarsku het) en wou ophou om dit te gebruik. My man wou niks weet nie en het my forseer om aan te hou. Na 4 weke het dit gevoel of ek n wonderwerk beleef. Ek het ook saans vir 20min voor slaaptyd ons kamer Osoon, vir die eerste keer in jare kon ons beide deurslaap sonder om kort kort wakker te word. My aanmekaar hoofpyne het die wyk geneem en die gewrigspyne het 90% verminder. My energievlakke het gestyg en ek kon weer tuinmaak, klere maak, bak en self knie! Wintertyd is die hartseertyd vir enige Atritis lyer. Jou toestand gaan elke jaar agteruit in die winter en die pyne is dan op hul ergste. Die rede waarom ek voel om te getuig op Hello Peter is juis oor die winter. Danksy Osoon was hierdie winter vir my niks om te vrees nie. Ek ondervind geen pyn, swelsel of styfheid nie. En nee, dit is nie nuwe medikasie nie. Ek het die afgelope jaar nie sterker medikasie gekry nie ... want dit is nie nodig nie! Baie baie dankie Lavend Health vir daardie oproep n jaar gelede. Baie dankie vir jul professionele nasorg en bystand. Ek sal die Osoon behandeling in al sy vorme met vertoue aanbeveel vir enige kwaal, siekte of verbeterde lewe. My raad aan jongmense: Maak Osoon jou lewenswyse en jy sal nie diete, energiepille of "boosters" nodig he nie. Langer jonk bly? Gebruik Osoon - dit is wonderlik vir jou liggaam en vel aangesien dit kieme doodmaak en suiwer suurstof verskaf.
