1 reviews | Active since Apr 2018
Uitbuiting - Medicross Queenswood - Tandartse
Hoekom word daar 'n ekstra bedrag gevra deur die tandarts by Medicross Queenswood wat die lid self moet betaal as 'n tand gestop word. Volgens die voordele vir lede van die Discovery keycare Plus behoort al die koste ten volle gedek te wees vir 'n stopsel as 'n network tandarts besoek word. Ek was aangenaam verras toe ek op 21 April 2018 met my besoek 'n ekstra R123.60 moes betaal. Die ontvangsdame het my ingelig dat dit vir 'n pennetjie in die stopsel is. Dis die eerste keer dat so iets gebeur, nie een van die ander netwerktandartse vra hierdie ekstra nie. Is dit om nou ekstra geld uit kliente te maak. Discovery Keycare Plus betaal vir sekere itemkodes wat als insluit met 'n stopsel. Nou voeg die PRAKTYK ekstra kodes by wat Disvory nie dek nie, en nou is die lid verantwoordelik. Hierdie is nie aanvaarbaar nie. Nou maak die pratyk geld uit die mediese fonds en nog ekstra uit die pasient ook. Dit sal verhoed dat ek weer Medicross toe gaan, ek sal eerder na 'n network tandarts gaan wat nie bogenoemde doen nie.
