1 reviews | Active since Jun 2020
BEELD AFLEWERING - SWAK DIENS
Ek is vir amper 30 jaar 'n intekenaar van BEELD en latere jare RAPPORT. Deesdae is die aflewering SWAK. Ek het Maandag 08ste Junie Media 24 ges***el en genoem dat Beeld nie afgelewer is nie. Dieselfde storie die afgelope Dinsdag en Woensdag. So drie dae aaneen geen aflewering, en vandag Donderdag 11 Junie 2020 ook nie. Die konsultante het belowe die klagtes word deurgegee en dat die koerant wel elke dag sou afgelewer word - dieselfde storie al 3 dae. Elke keer moet ek op my onkoste s***el om te noem daar was geen aflewering net om dieselfde storie te hoor dat dit of by die afleweraars of die persoon is wat die koerant aflewer. Ek het nie eers vanoggend ge****ak om te noem die aflewering is WEEREENS nie gedoen nie - dis te frustrerend en patetiese diens. Graag versoek ek dat hieraan asb dringend aandag geskenk word. Blyk te wees dat lojale kliente vir amper 30 jaar moet maar verlief neem om so behandel te word. Dankie
Beeld kantoor - sal julle asb dit kan aanstuur vir die regte afdeling. Het ongelukkig net intekenare se epos adres. - Intekenaar no. BP100400
