1 reviews | Active since Jul 2018
Prinses stap ongevalle binne met outistiese prins
Goeidag, Voordat ek voortgaan wil ek graag he wie ookal hierdie skrywe lees moet eers die volgende vraag antwoord vir hom of ha****lf.
Wat van die volgende 2 woorde klink normaal OF kan jy verbind met normaliteit? Ongevalle Outisme
En as jy nou mooi gelees en verstaan het sal jy die som kan maak dat, een een van hierdie twee dinge normaal is nie en jy nie een van die twee dinge in jou "normale" dag wil beskryf nie.
Goed so met hierdie skrywe rapporteur ek vir Mev, of Mej, of Dokter, of pastoor Riana Beukes of wie of wat sy ookal genoem wil word.
Dit was uiters DIE swakste diens wat ek in 'n BAIE lang tyd bye ENIGE plek ontvang het! Ek kon nie glo wat besig was om te gebeur nie en na die tyd kon ek nie glo wat gebeur het nie.
Hier volg die storie wat vir my 'n meer traumatiese storie is as die ongevalle geval self.
My outistiese seun van 12 jaar wat nie kan lees skryf of praat nie word by sy perdry les van sy perd af gegooi. Hy kan nie loop nie en kan ook nie vir my se waar hy seer het nie. Ons jaag met hom ongevalle toe. Ek is 8 maande swanger so dit gaan moeilik en stadig. Ek stap ongevalle binne en die Riana Beukes groet my en vra of ek die pasient is, ek se nee my seun is en sy moet reel vir 'n rystoel want hy kan nie loop nie. Ek vra haar toe vir die vorms wat ek solank moet invul terwyl sy haar admin aan haar kant moet doen want ek was as by ongevalle ek het 'n idee hoe dit werk indien almal wil saam werk en jou WIL help, sy vra my vir my mediesefonds kaart en my id, ek haal dit uit en se vir haar sy kan die vorms solank vir my gee om in te vul. Die volgende oomblik vertel sy vir my ek is nie 'n prinses nie en ek moet wag dat sy haar admin klaar maak voordat sy vir my vorms gee om in te vul. Ek wil he julle moet die video footage trek en kyk hoe lank ek moes wag vir 'n rystoel en ook hoe sy met my gepraat het. Ek antwoord haar toe deur vir haar te se, ek betaal R10 000.00 per maand aan medies, hierdie is definitief nie die diens wat mens verwag as jy aan Discovery of enige ander mediesefonds behoort nie. So ek stel voor jy ruk jouself nou reg. Haar antwoord aan my was, reg koninging net soos u se koninging. Ek kon nie glo wat ek hoor nie, maar ek het vir haar gese dis beter om so met my te praat as wat sy my hanteer het toe ek daar ingestap het. Nodeloos om te se ek moes self 'n rystoel gaan soek het. Ek het die dame so rukkie later buite raak geloop en vir haar gese dat ek haar gaan aangee en haar antwoord aan my was dat ek dit asseblief moet doen. So aangesien sy my toe nou so mooi gevra het om haar aan te gee het ek besluit om dit wel te doen, en dat ek dit op hello peter gaan doen en by HASA en by Mediclinic hoofkantoor en by Durbanville Mediclinic waar die voorval plaasgevind het en ook by my mediesefonds. Ek kan nie glo dat 'n persoon by 'n ongevalle eenheid aangestel word wat nie mense verhoudings het nie. As jy aansoek doen vir werk en jy weet jy doen aansoek by 'n ongevalle eenheid of enige hospitaal, dan weet jy mos dis nie normale omstandighede waarmee jy gaan werk nie, mense wat daar aankom beleef nie 'n normale dag nie so hulle optrede is nie normaal nie. Hulle lei aan skok, so jy wat daar werk moet mos met sulke mense kan werk en nie jou humeur verloor of ongeduldig wees nie, anders is jy onbevoeg om die werk te kan doen. Dis nie 'n ontvangsdame by 'n normale plek nie. Mediesefondse is bitter duur en net 'n handjie vol mense kan mediesefondse bekostig, maar werklik, as jy 'n medisefonds het en jy betaal R10 000 per maand dan verwag jy om 'n diens te kry. Hoekom was daar nie rystoele beskikbaar by ongevalle nie? Hoekom moes EK om loop na ontvangs toe om 'n rystoel te gaan soek? My vriendin wat nie 'n mendies het nie wat na 'n staatshospitaal toe gaan vir chemo weekliks se vir my as sy daar aankom is daar altyd iemand wat dadelik 'n rystoel daar het. Die vrou was onnodig moeilik en wou my laat verstaan dat ek moenie dink ek moet soos 'n prinses behandel word nie. Ek soek antwoorde, oor hoekom sulke onbevoegde mense by ONGEVALLE werk
