1 reviews | Active since May 2017
Mediclinic Bloemfontein
Nege maande gelede was ek vir 'n dubbele breukoperasie in Mediclinic Bloemfontein. Dr MP De Jager het my geopereer. Die eerste 24 uur na die operasie was ek in die ICU en dit was 'n onbeskryflike nagmerrie. 'n Dag na die operasie is dr De Jager met verlof en moes vers****ende interniste na my kyk. Die eerste vier dae in die algemene saal kon ek nie alleen op die bed kom nie en moes ek op 'n gebreekte gemakstoel st en slaap. Ek kon ook nie op die toilet sit nie, want my snye was te seer as ek buk. Ons moes toe ons eie verlengstuk (om die toilet hoër te maak) gaan koop, want daar was nie een vir my beskikbaar nie. In die twee weke na die operasie het nie een dokter aan my gevat nie. In die afgelope 9 maande was ek nog nie een dag sonder pyn nie en het al verskeie dokters gaan sien - met geen sukses. Na my ervaring sal ek beslis nie 'n Mediclinic aanbeveel nie. Kan iemand dalk sê wat my te doen staan?
