CA
Cindy A

1 reviews | Active since Mar 2022

22 Mar 2022, 13:46

Swak kwaliteit Mince

Ek is onsettend kwaad. Ek het Vrydag 18Maart 2022 by Meat World Gateway bulk Topside mince aangekoop. Waar die een man nie vir my mince van agter jul counter wou gegee het nie, maar eerder twee pakke van die rak gaan haal het en dit oopgeskeur het, en toe so aan my oor handig het. Want glo is dit goedkoper om dit van die rak te vat as bulk. Nog nooit het iemand dit vir my gesê wat agter jul counter werk nie!! Ek het my eie besigheid waar ek Gourmet Boerewors maak en verkoop. Tot my skok het die een na die ander klient vir my fotos gestuur waar daar verskriklik baie klein bene, en bene groter as twee vuurhoutjie koppe saam in die wors was!! Nee my magtig man! Dit stel my as 'n nuwe besigheids eienaar en sowel as julle in 'n baie slegte lig! Hoe moet mens nou try please en explain??!! Met net een harde kou en jy breek al jou tande in jou bek! Dit was vir my baie convenient om by julle aan te koop, omrede jul so naby aan my is, maar ek het besluit ek vind liewer iemand anders en spaar myself die vernedering!

0
Replies (0)