1 reviews | Active since May 2016
Def nie n familie bestemming nie.
Ons het die naweek by marula oase tuis gegaan. Dit was vir ons n baie slegte ervaring. Ons het familie bederf die naweek deur hul daarheen te vat en ons het baie skaam gekry. Ons was 4 grootmense en 4 kinders onder 4 jaar.
Die warmwater swembad was baie onhigienies. Daar het goed rond gedryf en daar was n vreemde reuk daar binne. Die vloer was ook vuil. Daar word nie goed toesig gehou nie want daar was tieners wat in die baba swembad so amok gemaak het dat ons maar eerder geloop het.
Die saterdag was daar mense wat by die swembad gebraai het wat so dronk was, dat hulle dit vir almal anders onplesierig gemaak het.
Ons kinders en my broer hul se kinders het nou ooginfeksies agv die vuil water.
Ons moes nou verlof neem en hul dr toe vat agv dit.
Dis vir ons verskriklik sleg.
Ek dink nie ons sal weer daar tuis gaan nie.
Dit kan defnitief nie geadverteer word as n familie destinasie nie want dis nie geskik vir kinders nie
