AP
Andre P
1 reviews | Active since Jun 2020
09 Mar 2026, 16:36
MAROELA MEDIA - LEER ASB SPEL!!!
MAROELA MEDIA - ASB!! ASB!! ASB!!
Kry tog net die spelling van name reg.
Vladimir Putin is tog die korrekte spelling. Julle is nie besig om lesse in fonetiek te gee nie. As lesers nie weet hoe om die naam uit te spreek nie - dis nie julle werk om hulle te leer nie. Sommer ook al die ander name wat julle sommer net jul eie spelling - van waar ookal - uitruk nie!
Helpful (0)
Replies (1)0
Replies (1)Maroela Media's replyOfficial
10 Mar 2026, 10:06Dagsê Andre
Dankie vir jou boodskap.
Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. Die transliterasie van buitelandse eiename kan soms verwarrend wees, maar eenvoudig gestel, beteken dit dat name wat in ‘n nie-Westerse skrif geskryf word (bv. Cyrillies of Arabies) volgens die Afrikaanse taalreëls getranslitereer of gefonetiseer word. Transliterasie is ‘n presiese letter-vir-letter-oms***eling van een alfabet in ‘n ander – en dus nie ‘n vertaling nie. Die naam Влади́мир Влади́мирович Пу́тин word byvoorbeeld in Engels uit die Cyrilliese alfabet oorgedra as “Vladimir Putin”, maar as “Wladimir Poetin” in Afrikaans.
****ak ons gerus by *** indien jy enige verdere navrae of terugvoer hieroor het.
Dankie!
Groetnis
Maroela Media

Maroela Media's reply10 Mar 2026, 10:06
Official
Dagsê Andre