1 reviews | Active since Nov 2022
Marius Hannah
Dokter was onprofessioneel en ongeskik. Hy het nie een ding vir my gesê wat ek nie geweet het nie. Hy het konstant bo-oor my gepraat. My kommer was hormonale haargroei wat follicles verstop en ‘n aar op my been. Toe ek vir hom die aar wil wys het hy soos ‘n twee-jarige sy toys uit die kot gegooi en gesê “Nee, wat is dit, ek het nie tyd vir Drie goed nie.”
Die grootste grap van als is dat hy my 15 minute laat sit en wag het. 15 minute later het ek by die praktyk uitgestap. R1200 vir 15 minute en ‘n voorskrif vir Differin gel en advies wat my tiener sussie vir my kon gee. Uiters uiters swak en as ek na reviews kyk is ek Bly om te sien ek is nie die enigste een nie. Hy het nie gevra watse velprodukte ek gebruik of ‘n reeks voorgestel nie, en my ook nie ‘n Kans gegee om enige vrae te vra nie.
