1 reviews | Active since Mar 2017
Maquassi Munisipaliteit weier om uitbetaling te doen
Ons eiendom in Wolmaransstad is verkoop en het ons die munisipale rekening gaan sluit op 29 Desember 2017 toe die huurders ingetrek het. Die registrasie het vanoggend op 22 Februarie 2018 deurgegaan nadat dit weke gesloer het omrede die sygers nie betyds ingedien is deur die Munisipaliteit nie. Ek het nou vir Neels by die Munisipale kantore in Wolmaransstad ge****ak en gevra dat die afsluiting nou gefinaliseer moet word en dat alle fooi aan ons verskuldig soos in die rekening uiteengesit is en wat ons ontvang het op 20 Februarie 2018 van hulle kantore. Neels het my terug geantwoord in 'n boodskap en gesê "hy is besig om die maand se rekeninge te druk en sal dit eers volgende maand doen", ek het boodskap terug gestuur en gesê dis onaanvaarbaar, ons was lank genoeg geduldig met hulle waarna hy op gereageer het "hy sal niks doen voor die prokureur en aktekantooe hom nie gebel het nie, so ons moet maar nog 'n maand wag". DIT IS ABSOLUUT PATETIESE EN UITERSE SWAK DIENS VANAF MAQUASSI HILLS MUNISIPALITEIT!!
