JE
Johan E

1 reviews | Active since Mar 2022

25 Oct 2024, 12:49

Makro online lewer swak diens

Ek het op 7 Oktober aanlyn n fietsie as verjaarsdaggeskenk vir my kleinseun bestel. Die bedrag van R999.00 is inbetaal. Online order MAK*** Na twee weke is die fietsie steeds nie afgelewer nie en het ek verskeie kere op die internet die bestelling probeer op****r. Ek het gevind dat die "Order in progress" is. Op 20 Oktober het ek 'n epos gestuur na Makro waarin ek aangedui het dat die bestelling steeds nie gelewer is nie. (***) Iemand van Makro het my gebel en aangedui dat hulle baie jammer is oor die vertraging maar dadelik aandag gee aan die saak. Op 25 Oktober het ek die makro navraag nommer ges***el. Die persoon daar het aangedui dat hulle my op 23 Oktober gebel het. Ek was toe in n vergadering en kon nie antwoord. Die persoon dui toe aan dat hulle my ges***el het om te vra of ek al my refund gekry het want die item is nie meer in voorraad. Die refund is blykbaar op 16 Oktober hanteer en sal binne 3 tot 5 dae op my bankrekening wys. Blykbaar het hulle ook verdere epos gestuur wat aangedui het dat die fiets uit voorraad is. Ek het nie sodanige epos ontvang nie. Die fietsie was op 'n sogenaamde spesiale aanbieding vir R999.00 Toe ek vandag op Makro se aanlynblad kyk sien ek die fietsie word nou adverteer vir R1595, ook n spesiale aanbieding. Ek voel iewers is 'n skroef los en Makro se diens is swak en hulle verduidelikings maak nie sin nie.

0
Replies (0)