1 reviews | Active since Jan 2017

17 Jun 2020, 15:33

Beste service ooit !!!!!!!!!!

Aan wie dit mag aangaan, Hiermee wil ek graag die volgende persone bedank vir uitstekende diens ontvang van Mahindra Bloemfontein Elize jv Rensburg - wat ons vriendelik ontvang en uit haar pad gegaan het om die alle papierwerk af te handel en om so vining moontlik die warranty part te bestel. Ook om vir ons te gehelp het met die soek van oornag akkomodasie Johan Coetzee – wat my telefonies baie vriendelik gehelp het toe ek gaan staan het naby Steynsburg met raad. Daar in Bloemfontein aangekom, het hy dadelik ‘n ander kar van die lift afgehaal om na my kar te kyk en binne ‘n minuut vir my ‘n diagnose gegee . Hy het dadelik alle inligting gegee vir Elize om die regte parte te bestel. En dan vir Dawie Laas - wat uit sy pad gegaan het (nadat Mahindra al gesluit het en in die reen) om ons by Bidvest car rental te kry. Terwyl ek die papierwerk binne gedoen het , het hy by my vrou en dogter buite gestaan om seker te maak hulle is veilig. Mens het meer mense soos julle nodig in die ons land en daarom doen ek moeite om mense soos julle te bedank wat uit julle pad gaan om ander mense in nood te help.

0
Replies (0)