GP
G P

1 reviews | Active since Aug 2018

01 Feb 2024, 22:32

Baie slegte ervaring!!!

Ek het die grootste vernedering vandag ervaar!!!!!

Ons het altyd goeie diens ontvang van Lombards, dit is hoekom ons weer terug gegaan het.

Maar vandag (01/02/2024) was die laaste keer wat Lombard Tyres my sal sien.

Was net na 12 daar om nuwe bande op my voertuig te sit, toe ons begin om die papierwerk uit te sorteer aan wie die faktuur uitgemaak moet word, vra ek of hulle dit kan aanstuur na ‘n epos adres dat die betaling gedoen kan word, en die verkoopspersoon het gevra dat ek die epos adres moet neerskryf, wat ek toe so gedoen het.

Ons het al omtrent ‘n halfuur gesit toe ons gaan navraag doen het of die faktuur/ dokument met die bedrag aangestuur is, wat toe nog nie gedoen was nie, dit word toe gedoen en my kantoor doen toe ‘n oorbetaling vir die bedrag met die ‘Immediate payment’ opsie, dat die betaling dadelik in hulle bankrekening wys, wat so 13:45 was, en die bank self het die betalings bewys ook aangestuur waarop daar aangedui is dat dit ‘n direkte betaling is.

Nadat die wielsporing gedoen was, is ek na die verkoopsman toe gegaan dat ons die papierwerk kan afhandel, waarna hy my toe eers meedeel dat die betaling in hulle rekening moet wys voor hulle my faktuur kan gee en voor ons die perseel kan verlaat, en toe ****ak hy eers hoofkantoor om op te volg het of die betaling wys en na ‘n tydjie verloop het, seker meer as 30 minute nadat die direkte betaling gedoen was, kom die verkoopsman na my toe en deel my my dat die betaling blykbaar nog nie in hulle rekening reflekteer nie, en gee ‘n verskoning van maand einde/begin wat betalings langer laat vat om te laat deur gaan van die bank waarvan die betaling gedoen was na hulle rekening

Goed ons wag toe maar nog, na daar heel wat tyd weer verloop het, toe word ek meegedeel dat die betaling kwansuis nog nie in hulle bank reflekteer nie, en toe kom druk hy my betalings bewys onder my neus waar daar staan as ‘n GEWONE betaling van ons bank na hulle bank gedoen word na 2 in die middag dan sal dit moontlik eers die volgende dag in hulle bank reflekteer, MAAR eerstens was die EFT gedoen VOOR 2 die middag EN dit is ‘n direkte betaling, by daardie tyd moes die betaling al gewys het in hulle rekening, en ons het toe al reeds ons bank ge****ak wat bevestig het dat die betaling wel al by hulle bank deur is.

Ek maak toe maar die voorstel om maar per kaart WEER te betaal en dan sodra die EFT betaling wys, dan betaal hulle net vir my die duplikaat bedrag terug, waar daar toe vir my meegedeel is dat die terug betaling eers teen volgende week Donderdag gedoen kan word, en dit is toe ek nou verkeerd opgevryf word, ek word soos ‘n ***** behandel en word basies gyselaar gehou omdat hulle bank treurig is (of ek kan nie help om te wonder of dit nie hoofkantoor is wat nie eintlik die moeite gedoen het om te kyk nie), maar ek sou hulle vir ‘n week moes vertrou om ‘n duplikaat betaling aan my terug te doen, dus het ek nie die roete gegaan om maar nog ‘n betaling met ‘n kaart te doen nie.

So ons sit soos sotte daar en wag dat die betaling kwansuis by hulle moet wys, heel laas toe maak hulle die voorstel om die ou bande terug te sit, nadat ek met my kantoor gepraat het, wat dan die betaling gaan probeer stop, sit hulle die ou bande maar terug, maar my kantoor ****ak my toe on my mee te deel dat die betaling nie gestop kan word nie, omdat dit ‘n direkte betaling was en hulle reeds die geld in hulle rekening het, ek sê toe hulle moet die nuwe bande dadelik terug sit en hulle het geweier, en in my oë is dit nou diefstal van hulle kant af, want hulle sit met ons geld en ek sit sonder nuwe bande op my voertuig.

Ek kom self uit ‘n besigheids agtergrond, en ek het begrip vir hulle terme dat goedere nie die perseel verlaat sonder betaling nie, maar hulle hoef nie my soos ‘n ***** te behandel omdat hulle bank die probleem is nie, of wat ook al die probleem is aan hulle kant nie. Ek het self al heelwat direkte betalings gedoen en dit het in minder as ‘n halfuur in die persoon wat ‘n ander bankgroep is se rekening gewys, so ek het geen idee wat hulle bank se probleem is nie, en teen sluitingstyd het dit blykbaar nog nie gewys nie, en die verkoopsman moes ook ons meegedeel het dat dit eers in hulle rekening moet wys voor hulle die goedere kan laat gaan, wat nie gedoen was nie, as ons dit vroeër geweet het, dan sou ons die betaling per kaart gedoen het, so ons het ons hele middag gemors by hulle weens dit.

Dit wat vandag hier gebeur het is ‘n groot vernedering en ‘n ontnugtering, dat ‘n plek nie ‘n betalingsbewys aanvaar nie, wat duidelik sê dat dit ‘n ‘Immediate payment’ is wat deur die bank aangestuur is , en jou nie kan vertrou nie, maar as jy die voorstel maak om maar nog ‘n betaling per kaart te doen, moet jy maar geduldig vir ‘n week wag en hulle vertrou om die terug betaling te kry.

0
Replies (1)
GP
G P's update06 Feb 2024, 22:50
Reviewer Update
Net ‘n opdatering:
Die volgende dag (Vrydag 02/02/2024), kry ons ‘n epos dat hulle ons geld wil terugbetaal, want hulle het toe die verkeerde rekeningnommer verskaf vir die oorbetaling. Daarvoor was ons die vorige dag basies gyselaar gehou die hele middag, want hulle het in die verkeerde rekening gekyk of die betaling wys. Wat my verstand net te bowe gaan, die rekening nommer waarheen ons die betaling gedoen het, wys duidelik op die betalingsbewys wat deur ons bank aan hulle per epos gestuur is, dat niemand by hulle hoofkantoor of die selfs die verkoopspersoon wat ons gehelp het dit nie nagegaan het of raak gesien nie. Hulle het darem die volle bedrag terug betaal, nadat ons hulle moes dreig met die polisie. Tot op hede het ons geen verskoning ontvang van die maatskappy of verkoopspers**** oor hoe hulle ons behandel het nie, en dit was op die einde van die dag hulle fout gewees.