hH
hesterwait H

1 reviews | Active since Aug 2016

27 Feb 2019, 08:08

Beslis die swakste diens ooit LIEFDE WEN

Beslis die swakste diens wat ek nog ervaar het! Ek bestel 'n wit hoodie wat "limited idition" is 1 van 50. Na die eerste was gaan die woorde af en ek sukkel om hulle in die hande te kry om dit te vervang na 3 weke stuur hulle 'n koerier om dit te kom haal en dis nou al weer 'n maand en 'n half later en my eposse en boodskappe word geignoreer! Verlede week kry ek 'n boodskap dat die hoodie vir my gestuur gaan word Vrydag die 22ste en dat dit oornag gestuur gaan word. Ek wag nog steeds en al my boodskappe word weereens geignoreer. My dogter vlieg die week Amerika toe vir 'n jaar en wou hom saam neem. Vanoggend kry ek 'n boodskap dat die hoodie nog nie gekom het nie en of ek nie 'n ander hoodie wil he nie. EK het betaal vir die "limited idition" ten duurste en nou wil hulle vir my die goedkoop goed afsmeer. Julle sal vinnig 'n plan moet maak en my hoodie aflewer voor my dogter vlieg en dis die 2de Maart 2019.

0
Replies (0)