AG
Anel G

1 reviews | Active since Jan 2011

18 Apr 2022, 18:20

Uitsonderlike diens

Ek het vanaand, 18 April 2022 'n afspraak gehad om my bestuurderslisensie te hernu, om 18:00. Dit is nog nie 18:00 nie en ek is reeds by die huis. Ek was net na 17:00 daar. Ek het in gestap. Is baie vriendelik onvang. Die dame het vir my die vorm gegee om in te vul. Toe stuur sy my na die beampte wat die res moes doen. Ek het 'n vorm by die oogarts gekry maar die datum het ontbreek. Die beamte het dit uit gewys en was baie verleë maar ek het hom gesê dat dit my fout was en dat ek moes seker maak. Ek het die oogtoets gedoen. En toe kon ek betaal. Ek het altwee die beamptes geprys vir hul professionele behandeling en hul bereidwilligheid om op 'n vakansiedag te help. Ek beveel hulle vir almal aan. Ons seun was Januariemaand daar om sy lisensie te hernu en hy het dieselfde behandeling ontvang. Daarom wil ek op hierdie platvorm die Nasionale Verkeerspolisie geluk wens en bedank vir hul vriedelikheid. As al die departemente sulke diens kon lewer sou hierdie land soveel beter gewees het. Nogmaals baie dankie. Dit was die beste behandeling wat ek nog ooit ontvang het sedert ons elke 5 jaar moes hernu. Gaan so voort met die goeie diens.

0
Replies (0)