1 reviews | Active since Nov 2017
Causing a cancer patient nothing but sleepless nights!
Below I've posted a message from my mom, and her horrible experience with Liberty. The service is pathetic. She is a cancer patient and liberty has caused her nothing but frustration and stress. She took out a cancer policy in case of emergency or illness, now she is unfortunately in that position, and they have been no help at all. Would never recommend them!
'n Vriendin wat voorheen 'n makelaar van Liberty was het gedurende Mei 2018 geadviseer dat ek my kanker polis van Platinum Life na Liberty Life skuif, wat skynbaar 'n baie beter polis en opsie was, en ek het die verandering in Mei 2018 gemaak.
Ek is op 5 November 2018 gediagnoseer met Chronic Myeloid Leukemia. Werner van der Merwe van Liberty Life in Drie Rivere Vereeniging het my binne die volgende week kom sien om my eis vir 'n gevreesde siekte in werking te stel. Ons het, soos vereis, dadelik my vorms by my verwysende dokter laat invul. Op 14 Desember 2018 het Werner 'n epos aan my gestuur soos ontvang vanaf Liberty ter bevestiging dat die eis verwys is vir mediese assessering.
Op 9 Januarie 2019 is ek deur Werner meegedeel dat Liberty my mediese rekords verlang vanaf Mei 2015 tot Mei 2018, wat ek persoonlik aangevra en op 14 Januarie aan hom gestuur het. Ek is verder op die 9de Januarie meegedeel dat sekere vorms deur die spesialis (Dr Rens - Onkoloog) voltooi moes word en nie deur die verwysende dokter nie. Op 21 Januarie het Dr Rademan, my huisdokter van tot en met 2015, my laat weet hulle is deur Liberty in kennis gestel dat hulle vorms moet invul vir my eis en dat ek Dr Rademan moet gaan sien. By navraag het Werner egter telkemale bevestig dat dit onnodig is en dat slegs Dr Rens my vorms moet voltooi. Ek het dit so met Dr Rademan se dame bevestig en die afspraak is gekanselleer.
Ek het Werner bykans daagliks herinner om op te volg met Dr Rens se kamers en op 29 Januarie is hy ingelig dat dit ingevul is en afgehaal kan word. Liberty sou egter eers die oorbetaling van Dr Rens se fooie op Donderdag 7 Februarie doen (!!) en Werner het die vorms op 8 Februarie ontvang. Ek het Werner weer op 13 Februarie gevra vir 'n opdatering van my eis, waarna hy sou opvolg. Dit was my laaste korrespondensie met Werner.
Op 19/20 Februari het ek self na Liberty se kantore ges***el, met Ntombi Netsianda gepraat, op 28 Februarie met Thoko gepraat en op 4 Maart met Lebogang gepraat. Elke keer is ek net meegedeel dat dit vir mediese assessering gestuur is en dat ek binne 5 tot 10 dae 'n antwoord sou hê.
Gedurende hierdie hele proses het niemand van Liberty Life my self ge****ak vir uitstaande vorms of enige inligting nie. Bykans vier maande later het ek steeds geen antwoord nie. Geen uit**** nie. Die doel van die polis was om my mediese uitgawes te dek sou kanker ooit gediagnoseer word, wat toe wel die geval was. Intussen is Pathcare in die proses om my te oorhandig vir uitstaande mediese rekeninge vir die beenmurg biopsie wat gedoen moes word vir bevestiging van die kanker.
Ek is bitter ontevrede met die nie-terugvoering van vordering en die tydsduur wat verloop het, sonder dat iemand navraag sou doen indien meer inligting verlang sou word. Ek is bewus daarvan dat daar 'n proses is wat gevolg moet word en dat my mediese geskiedenis nagegaan moet word ten einde vas te stel of ek dalk reeds voorheen siek was of kanker gehad het. My mediese geskiedenis is ongekompliseerd en baie eenvoudig en kon in 'n baie kort tyd bevestig word. My probleem is die tydsduur wat verloop het en die feit dat dit vir niemand dringend of belangrik was om dit so vinnig moontlik afgehandel te kry nie.
Te midde van hierdie onverwagse skoknuus, die trauma wat ons beleef het en die behandeling waarmee ek moes begin het, was ek en my man onder die indruk dat hierdie polis my lewe sou vergemaklik, en nie meer spanning en frustruasie sou veroorsaak nie. Ek is BAIE spyt dat ek van Platinum Life na Liberty Life geskuif het en sal niemand aanbeveel om dit eers te oorweeg nie.
