DG
David G

1 reviews | Active since Oct 2019

29 Oct 2019, 07:55

Moenie LG produkte koop nie

Kom ek vertel julle my slegte ondervindings met LG. Moet asb nie hulle produkte koop nie want wat hulle sê en doen is nie dieselfde nie. Hulle kliente diens is baie sleg. Ek het n 19 kg top loader wasmasjien in 2014 gekoop. So 2 weke terug op n sondag begin die wasmasjien water te lek. my seun en man het die wasmasjien op waterkanne gelig sodat ons kan sien waar die water uit lek. Dit het deur die inverter gedrup. Ons het niks verder gedoen aan die masjien nie omdat daar n waarbord op is. Ek bel LG om te hoor hoe dit gaan werk sodat hulle na masjien kan kom kyk want daar is n 10 jaar waarborg sticker op wasmasjien. Hulle sê toe dat hulle nie die maandag kannuitkom nie. Die ou daar het my n nommer van n dame gegee wat ook na masjiene kyk. Ek haar ook ge****ak en sy het uitgekom. Nie aan masjien geraak nie net gevra dat ek bietjie water moet ingooi sodat sy kan sien waar dit lek. Maak toe so en die water drup weer toe deur die inverter. Sy sê toe maar dit kan die inverter motor wees. Ek bel toe vir LG en sê hulle moet asb kom kyk want daar is n waarborg op. Hulle sê ek moet R300 betaal vir uitkom en R300 vir die inspeksie van die wasmasjien. So betaal ek die R600 nadat die dame my gesê het jy moet dit vooruit betaal sodat n invoice nommer kan maak. Ek het eers baklei oor hoekom moet mens betaal eerstens vir die diens as hulle nog nie eens nou kan kom nie. So het ek ook gevra vir n nommer vir iemand hoor op in LG want ek voel dat hulle slegte diens gee. Veral omdat hulle met n vrou praat (dit is nou ek). Bel toe hulle hoofkantoor en praat daar met 2 mense daar. Die ou met wie ek gepraat het het gevra dat ek n email moet stuur aan hom met alles wat gebeur het en hoe almal my behandel het sover. Ek het dit gedoen. Hulle kom eers die volgende dag kom. So kom die kom die persoon na my huis toe hy is nie eens 15 minute hier nie en sê dat hy nie kan sien wat verkeerd is nie die masjien moet na die werkswinkel toe gemeem word. Een ding darem dat ek nie hoef te betaal vir dit nie. Maar nadat hulle by die werkswinkel my gesê het die persoon sal al die gereedskap saam met hulle sal he en nou het hy nie. Hy my gesê hulle word per uur geboek en dat n ander afspraak het by n ander plek. So na 15 minute is hy hier weg sonder op n papier of enige bewys te gee dat hy na masjien gekyk het. Die volgende dag kom laai hulle my masjien. Ek het fotos geneem van elke merkie op masjien en so ook die mense wat die masjien kom haal het. So ons almal het nou bewys. Wasmasjien is toe hier weg. Die volgende kry ek n email om te sê dat dit n non service part is en nie repair kan word nie. Hulle het fotos gestuur van 2 gatjies in die outer tub. Ek het my versekering ges***el en hulle verduidelik wat gebeur het want mens kan nie gaan sonder n wasmasjien nie. Die versekering het gesê dat LG se report nie voldoende is nie. Die versekerings ou het ook vir LG ges***el en hulle sê hom ook toe dit is n stukkie meteriaal. Want hulle sê nie wat die gatjies veroorsaak het nie. LG s***el my toe om te sê hulle gaan masjien terug bring ek vra toe wat het die gatjies veroorsaak het en die tegnikus sê toe dat dit n stukkie materiaal was. Hoe kan materiaal 2 gatjies veroorsaak koel ronde gatjies. Lyk meer of dit gemaak is deur iets metaal. En as sit materiaal was hoekom net 2 gatjies en die baie nie. LG wil die skuld nou op ons die kliente sit. Die masjien is n geseelde unit so kan n stuk materiaal daar in gaan. So bel en ek aaneen op soek na n oplosing en so email die eienaar van die LG wat masjien kom haal het dat dit nie onder waarbord is nie.ao bel ek weer hoofkantore op soek na oplossing. Die ou daar sê hy kan ook nie verstaan hoe n stukkie materiaal die gatjies kan veroorsaak hy sal dit verder op vat met hulle hoofte oorsee. Email ontvang wat nou sê dit kan klomp dinge wees wat die gatjies veroorsaak het soos oorlaai van wasgoed en nog klomp goed. So hulle wil niks doen vir n mens nie, hulle wil dit nou uitmaak dit is ons skuld. En so wil die versekering ook nie uitbetaal deur LG se aanhoudende verandering van antwoorde nie. Al wat ons soek is n oplossing. Want nou sit ek sonder n wasmasjien en klere moet gedoen nou word by laundry. N voucher sal ook werk sodat ek n nuwe masjien kan gaan koop want soos ek sê LG se antwoorde verskil aanmekaar en hulle diens teenoor hulle kopers van hulle produkte is baie sleg. Hulle wil ons uitmaak as die skuldiges en hulle wil skoon uitkom op die end. Al ons produkte is LG maar na die behandeling is ek regtig sad om te dink ek het altyd LG op gehemel. Nou gaan ek vir almal vertel watter slegte produkte hulle verkoop en moenie dit koop nie want hulle hou nie hull woord nie

0
Replies (2)
LG Electronics
LG Electronics's reply29 Oct 2019, 09:22
Official
Good day David.

Thank you for your correspondence .I must apologize for the inconvenience caused. An employee from LG will contact you shortly. 

Kind Regards.LG Customer Care.


LG Electronics
LG Electronics's reply30 Oct 2019, 08:30
Official
Good day David.
 
 I did escalate your query to Amos. He will be in contact with you.

Kind regards.
LG Customer Care.