Oningeligte personeel en Foutiewe Pryse
<p>Op Donderdag 7 Julie 2016 het ek die Lewis Store in Krugersdorp besoek - ek het aan die verkoopsdame gese dat daar 'n drukfout is in die huidige pamflet wat geldig is vanaf 20 junie - 17 Julie 2016. Sy was baie verbaas en nie bewus daarvan nie en het dadelik na 'n meer Senior dame gegaan. die dame was net so geskok en het die ander dame dadelik beveel om die pamflette wat hulle aan kliente uitdeel in die kombuis te gaan bere. Dame nr 2 het haar Areabestuurder ges***el. Haar woorde was nog: Ons sit met 'n groot penarrie wat maak ek nou..... die arebestuurder het gese sy sal dievolgende oggend die bemarkingsafdeling s***el en uitvind wat staan hulle te doen. Die 8ste Julie ontvang ek 'n oproek van die Areabestuurder wat my meedeel dat daar "Posters"opgesit is in die winkel om die drukfout reg te stel...... my vraag is net: hoekom was die winkel personeel so verbaas oor die drukfout as daar kwansuis "Posters"in die winkel op was. Ek voel toe om dit verder aan te gee aangesien die Areabestuurder absoluut arrogant was. Ek s***el hoofkantoor, le my klag kry 'n verw: 548609 - 'n volgende Senior persoon s***el my en se maar eintlik is daar in die vensters van die winkel plakkate opgeplak wat dit regstel - weereens my vraag: Hoekom weet die winkelpersoneel nie daarvan nie....... nou moet ek die klient aan die korste end trek a.g.v. on-ingeligte personeel waarvoor hoofkantoor nou wil "COVER". voel net dit is nie aanvaarbaar nie .............</p>
