ES
Elizma S

1 reviews | Active since Nov 2020

23 Dec 2020, 08:57

Elizma Smith

Ek het 'n rekening by Lewis stores Strand en het 'n aftrekking geteken wat die einde van elke maand moet afgaan, want ek kry eers my salaris elke einde van die maand nie voor die tyd nie. Ek het 'n kersgeskenk by my seun gekry om iets vir my te koop vir kersfees, maar toe is Lewis stores so voor op die wa en trek desember maand se premie van my kersfeesgeskenk af, want dit is ook nog nie die einde van die maand wat ek my salaris kry nie. Ek werk vir n retail winkel ek werk nie vir 'n lewis stores wat se mense voor die tyd betaal woord en bonusse kry nie so asgevolg van lewis stores kon ek nie my kersgeskenk vir my koop nie asgevolg van hulle nalatigheid. Ek het die defy yskas by hulle gekoop vir my dogter sy het n klagte laat lock by lewis vir defy. defy se mense was daar gewees om te kyk na die yskas dit was die rubber wat los was toe kon die yskas nie koud maak nie. Defy se mense het toe die yskas se rubber met gemkem vas geplak, maar die yskas is nog onder 'n waarbog volgens my moes die yskas vervang geword het met 'n ander een, want ek het nog nooit in my lewe gehoor dat 'n mens sommer 'n yskas se rubber met gemkem kan vas plak nie.

0
Replies (0)