1 reviews | Active since Oct 2016
Debt at Lewis
Ek skryf hierdie review want ek is Baie ongelukkig oor hoe die secunda tak ons help en hanteer met n probleem.
Mnr JF Engelbrecht het goedere aan gekoop by Lewis en sy premie is R2400 per maand.
Ongelukkig was daar omstandighede wat daar toe gelei het dat hy nie Meer die volle bedrag kon betaal nie.
Ek het steeds R500 per maand gaan betaal net sodat hy nie heeltemal niks betaal nie. Want dis al wat Hy kon bekostig
Maar secunda tak teister en bel want hulle weier om R500 as betaling te aanvaar.
N vrou het gebel van die lewis nommer af en ek Moes vele kere met die bestuurder praat waar sy vrae op vrae vra. Hoe Meer ek vir haar se ek Sal einde van die maand betaal hoe Meer gaan sy aan met my.
N Ander man het ook ges***el en ek het hom gevra hy moet my n brief gee wat se hulle weier om R500 te aanvaar maar hy Wil nie.
Dis nie of mnr Engelbrecht glad nie sy skuld af betaal nie. Ons probeer by elke plek iets betaal. Maar ek het nog nooit in my lewe gesien dat mense jou so Kan teister en so sleg laat voel omdat jy nie geld het om te betaal nie.
Ek het n ooreenkoms gemaak met hulle dat ek Sal R500 kom betaal elke einde van die maand. Maar gister is ek gebel en vandag weer van n persoonlike sel nommer af... +***
Laas maand het ek gaan betaal en die kasier het die bestuurder geroep. Sy het my kom aanvat oor mnr Engelbrecht se rekening en ek het haar gese sy mag nie sy rekening met my bespreek nie ek betaal hom net. Ek het ook gese as sy nie die geld Wil aanvaar nie moet hulle dit terug gee. Maar hul wou nie.
Dis onaanvaarbaar en ek verstaan hul Wil net geld invorder maar om mens so te bly bel en hanteer is nie Reg nie.
Ek het die bestuurder ook gese vanoggend ek Wil nie verneder word nie. Ek probeer my bes om te help en betaal en ons Sal weer op die punt kom waar hy vol premie betaal maar vir nou is dit al wat Hy het
Groete
Cornel
