1 reviews | Active since Mar 2019
Bronkhorstspruit lewis
My ma het ń hangkas gekoop by bronkhorstspruit lewis en elke maand betaal sy met internet banking haar paaiment. Sy het die 5 en 28 desember 2018 ń paaiment betaal en toe weer die begin van februarie. Nou bly lewis vir haar sms stuur en sê sy het nog nie vir januarie betaal nie. Ons het hulle al baie kere gebel, na die winkel toe gegaan en bewyse gevat deur middel van bankstate dat sy al die paaiment betaal het tot en met vandag maar nogsteeds bly hulle vir haar sê sy is agterstallig. Die bestuurder van bronkhorstspruit lewis sê net heeltyd hulle moet hoof kantoor bel en dan sal sy terug kom na ons toe en sy kom nooit terug nie. Dit is ń skande dat hulle ń 60 jarige pensionaris so probeer roof van haar geld want nou wil hulle nog hê sy moet vir agterstallige rente ook nog betaal. Ons sal nooit weer by enige lewis winkel iets gaan koop as dit is hoe hulle met hulle kliente werk en nie ń probleem kan op los nie.
Our reference number is: 632652
Best regards,
Our reference number is: 632652
Best regards,
