1 reviews | Active since Mar 2022
Uiters swak diens

Ek was so opgewonde toe ek hoor Leserskring maak weer oop, maar wat'n vreeslike gesukkel om aanlyn te bestel.

Toe ek uiteindelik reggekom het, is my bestelling 8 November deur. Ek het die Pargo opsie gekies. EK het toe begin bekommerd raak en op 29 November navraag gedoen en toe eers op 8 Desember terugvoer gekry. Shameemah Walker het laat weet dat sy by die pakhuis gaan navraag doen en my laat weet. N iks gehoor nie en op 26 Desember stuur ek toe solank weer 'n opvolg e-pos. Op 4 Januarie laat weet Anngelique Petersen dat daar nog geen terugvoer vanaf die pakhuis is nie.

Ek het nog nooit so gesukkel tydens my vorige lidmaatskap nie en dit spyt my dat ek moes bedank het as lid. Daar word nie eers moeite gedoen om my as lid te behou deur te kyk of my pakkie nie opge****r kan word nie.

Agnee Leserskring!! Dis soooo teleurstellend. Ek sal nou maar eerder by LAPA aansluit - die diens daar is gelukkig baie beter as by die nuwe Leserskring!

Ek gaan ook my vriende wat tans lede by Leserskring is, aanmoedig om te bedank.