1 reviews | Active since Jul 2011
Herstel van polshorlosie
Ek het 'n duur polshorlosie gekoop, maar die stelknoppie was baie styf en moes later geforseer word om uit te kom totdat hy eendag heeltemaal uitgetrek het. Die glas het ook sleg gekrap en ek het die horlosie by 'n juwelier ingegee vir herstel. Die koste was hoog en ek moes ook lank wag. Uiteindelik is die glas reg, maar die stelknoppie het steeds nie lekker gewerk nie. Verder was daar ook 'n stofdeeltjie op die horlosie se gesig. Ek het dit alles maar daar gelaat. Op 'n stadium het die glas 'n kraak gekry en later heeltemal versplinter. Ek het toe die horlosie ingegee by Leonard's Manufacturing Jewelers in die Sinoville Corner Shopping Centre. Hulle het vir my 'n billike kwotasie gegee en ook die wagperiode. Ek het die horlosie presies op die datum gekry wat hulle gesê het, die glas heel, die gesig skoon en UITEINDELIK 'n stelknoppie wat behoorlik werk. Dankie, Leonard's!
