1 reviews | Active since Nov 2019
Vals advertering en geen terugvoering
Goeie dag,
Ek wil net die volgende julle aandag bring.
Ek het ook in die industrie gewerk vir n geruime tyd en verstaan foute en tydsbeperkings veral nou agv Covid-19.
Ek wou by die instansie Cornerstone, Bettysbaai n bespreking maak en het gebruik gemaak van jul webtuiste om te kyk vir beskikbaarheid. Ek het hierdie plekkie gevind en n bespreking navraag gestuur. Die webtuiste het aangedui dat die boonste 3 kamers beskikbaar is met geen "beperkings" maar die onderste kamers het n "minimum van 2 nagte beperking"
Ek wil net vir die een aand n bespreking gemaak het. Die instansie het vir my gekwoteer vir die een aand maar onderaan n boodskap gestuur dat hul ongelukkig net n minimum van 2 aande se bespreking kan bevestig.
Ek het Lekkerslaap se kliente diens ges***el in verband hiermee, die dame sou die eienaars ges***el het en vir my ingelig oor wat nou gaan gebeur. n Uur later het ek steeds nie n oproep ontvang nie en ek het maar weer ges***el. n Ander dame lig my toe in dat die eienaars vas staan met die minimum 2 nagte bespreking.
Ek kon n ongeskikte en moeilike klient wees en die kwotasie aanvaar en betaal het en dan net sê jammer dis hoe dit geadverteer was en ook bevestig was. Maar ek wil nie graag die spesiale aandjie wat die veronderstel is om te wees, versuur nie.
Ek wil jul net graag bewus maak hiervan en ook dat ek nie weer van Lekkerslaap se dienste gebruik sal maak of eens sal aanbeveel nie.
Dankie dat u met ons ****ak gemaak het en vir u terugvoering.
Ons vra hartlik om verskoning vir die ervaring, die eienaar het ongelukkig vergeeet om sy minimum besprekings tydperk te verander, en wou nie die kwotasie afkeer nie, maar eerder die kwotasie stuur met die boodskap dat 'n minimum van 2 nagte vereis word. Ek vra ook om verskoning dat die agent nie vir u in kennis gestel het, dat sy nie die eienaar in die hande gekry het nie, ons sal dit intern opneem om te verseker dit gebeur nie weer nie. Ons het die minimum nagte aangebring op die sisteem, dit sal nie verdere probleme veroorsaak nie.
Ek het vir u agent gevra om met u ****ak te maak met 'n paar moontlike oplossings vir die ervaring.
Lekke Groete
Jurgens