Pateties! Swak verby!
<p>Met ons honeymoon 2015 het ons deur LekkeSlaap bespreek, nadat ek uitdruklik en op skrif gestel het dat ons n honeymoon suite soek - dis tog logies! Kom ons by die gastehuis, kry ons n piepklein kamertjie met 2 enkelbedjies, ons moet n kombuis en badkamer met ander deel en betaal ons ore van ons kop af. In 2016 bespreek ons weer deur LekkeSlaap. Maar dit was die laaste! Ons kry bevestiging vanaf LekkeSlaap dat die gastehuis waar ons graag wil bespreek wel plek het en dat ons die deposito spoedig moontlik moet inbetaal, selfde dag word die deposito inbetaal net om n dag later weer n mail vanaf LekkeSlaap te ontvang dat die gastehuis nie vir ons plek het nie, en dat ek moet kanselleer, maar ek gaan 25% van die deposito verloor. Ek mail vir LekkeSlaap en die gastehuis cc ek in om te kanselleer en dring aan dat die volle deposito by die ander gastehuis inbetaal moet word, want dis nie my skuld die 1ste gastehuis het nie plek gehad nie. Net om n mail van die gastehuis te kry wat lees dat hul wel plek vir ons gehad het. Kom die dag by die 2de gastehuis, net om te hoor dat LekkeSlaap n double booking op MY naam gemaak het en wie is toe die een wat die kansellasie fooi moes betaal? EK!! Nooit nooit nooit weer maak ek gebruik van LekkeSlaap nie!!</p>
Beste Rhona
Baie dankie dat u die tyd geneem het om ons te ****ak deur HelloPeter.
Rakende u ervaring in 2015 tydens u wittebrood: Ons sien dat u 'n bespreking by Elephants Rest Backpackers Lodge gemaak het en dat u 'n "Dormitory room" (slaapsaalkamer) aangevra het wat 'n goedkoop rugsakreisigerkamer of "backpackers"akkommodasie is en R150,00 per persoon per nag beloop. Hierdie soort bekostigbare verblyf is ongelukkig nie geskik vir 'n wittebrood nie. Ons was ongelukkig nooit ingelig dat u 'n witterbrood-suite benodig het nie. U het dit eers met aankoms by die instansie genoem en die eienaar het u dadelik na 'n witterbrood-eenheid geskuif teen geen additionele koste nie.
Met u t****e, meer onlangse bespreking, het u 3 van dieselfde navrae by die instansie ingedien vir dieselfde datums en eenheid (LS-Z3658 - vervalle kwotasie, LS-Z33W9 - gekanselleerde navraag , LS-Z373M - bevestigde bespreking). Dit het veroorsaak dat die instansie een van die navrae afgekeer het (siende dat daar meer as 1 van dieselfde navraag was) en u het dus die outomatise e-pos gekry wat sê hulle dat hulle nie kan help met u versoek nie. U het toe versoek dat u bespreking gekanselleer word en dat die deposito na 'n ander bespreking oorgedra word. Die agent was ongelukkig onder die indruk dat u die bespreking net wou skuif en was nie bewus van die feit dat u meer as 1 van dieselfde navraag ingedien het nie.
Die agent het wel verseker dat die volle deposito oorgedra was na u nuwe bespreking ─ daar was geen kansellasiekostes gehef nie en u het dus geen geld verloor nie. Daar was ook geen dubbelbespreking ter sprake nie.
Boonop het die eienaar van die instansie waar u uiteindelik gebly het aangebied om u op te gradeer na 'n beter kamer, maar u het dit van die hand gewys en wou u oorspronlike kamer gehad het.
Ons vra om verskoning vir die ongerief wat u tot dusver ervaar het en besef dat dit baie onaangenaam vir u moes wees. Indien daar in die toekoms weer so iets gebeur, beveel ons aan dat u asb. dadelik met u agent in verbinding tree, siende dat ons altyd alles in ons vermoë wil doen om te verseker dat gaste se besprekings seepglad verloop.
Lekke Groete
Jurgens Liebenberg LekkeSlaap.co.za

Baie dankie Jurgens, maar ons albe weet dit was nie die geval nie.
Ek sal inelk geval in die vervolg glad nie van jul dienste gebruik maak nie.
Ek wonder maar net hoekom sal daar op die faktuur"kansellasie fooi - R150" wees as jul sê dit is nie so nie.