TM
Thomas M

1 reviews | Active since Sept 2017

25 Aug 2026, 10:13

Lekkeslaap stel weer teleur met bespreking

Het onlangs verblyf deur Lekkesaap geboek en gebruik hulle website gereeld. Groot was die teleurstelling om te arriveer en die ware toestand van die fasilitiet te beleef. Soos voorheen op Lekkeslaap genoem, geen slegte publisiteit nie, maar wees verseker as die fotos dit nie wys nie is dit 'n probleem. Lekkeslaap moet hulle mimimum standaarde opskerp en sekere fotos moet geplaas word as besprekings gedoen word anders gaan die gebeure net aanhou gebeur. Geen van die negatiewe kan na die tyd reggestel word as die standaard nie gestel is nie. Om die skuld om die gasheer se nek te hang is nie aanvaarbaar nie, watter verantwoordelikheid neem Lekkeslaap vir die bespreking?

0
Replies (1)
Lekkeslaap.co.za
Lekkeslaap.co.za's reply25 Aug 2026, 13:08
Official
Beste Thomas

Dankie vir jou terugvoer en dat jy ons oproep beantwoord het.

Dit is vir ons uiters belangrik dat dit wat geadverteer word en dit wat jy ontvang, aan dieselfde standaard voldoen. Ons is werklik jammer dat dit nie aan die verwagte standaard voldoen het nie. Ons neem jou terugvoer baie ernstig op en is tans besig om die saak deeglik te ondersoek.

Baie dankie vir jou geduld terwyl ons hierdie saak hanteer en na 'n oplossing werk.

Vriendelike groete
Johané