lL
loerie L

1 reviews | Active since Jun 2016

28 Jun 2016, 14:42

Lekkeslaap min gepla na hulle betaal is

<p>Die 23st Junie het ek by Umdloti letting sleutels opgetel vir 'n plek wat deru lekkeslaap geboek en betaal is. Die bespreking was nooit deur gegee na Umdloti letting nie. Nadat hulle die gemors uitsorteer het het ek R1000 breakage deposit betaal. By die woonstel aangekom was daar vele foute, die helfte van die goed op hul lys was nie in die plek nie, die woonstel was smerig vuil, die stort het nie gewerk en sekere krane nie, die wasmasjien oorstroom die hele woonstel. So die ten volle toegeruste plek was half toegerus en smerig vuil is nie beskrywend genoeg nie. Die banke was geskeur die plek is regtig nie enige gradering werd nie. Sal nie eers dit vir my hond aanbeveel om daar te bly wat nog te betaal om daar te bly. Nou is my breakage deposit skielik net R750 gewees, vermoedelik omdat Umdloti letting agter gekom het hulle gaan goed moet vervang vir die eienaar van die woonstel en die geld iewers verhaal moet word. Nerine by Lekkeslaap trek haar skouers op as ek vra ek soek die ****ak besonderhede van die eienaar van Umdloti letting. klaarblyklik weet hulle niks van die plekke waarvoor hulle die middelman is nie en voel absoluut niks oor die kwaliteit van die verblyf wat hulle adverteer nie of die kliënt hulle deposito's terug ontvang of nie. Hulle adverteer 'n ten volle toegeruste plek met 'n rooskleurige prentjie maar stel nie belang om moeite te doen om vas te stel of dit die ware situasie is nie en is ook min gepla as hulle foto's ontvang om te bevestig hoe dit daar lyk met smerige beddegoed. Soveel so dat ek nuwe beddegoed gaan koop het om te kan oor bly in die plek. En nou trek hul hul skouers op oor die ekstra R250 wat ek nog ook moet in boet aangesien Umdloti letting die storie plooi soos dit hul pas en die invoice na die tyd op stel soos hulle lus voel. Ek het getuies dat die dame gese het ek moet R1000 breakage deposit betaal en R100 admin fooi. Sy wou nog weet of ek van die breakage deposit bewus was en ek het bevestig dit is so op Lekkeslaap se webtuiste. Nou is dit skielik R750 gewees met die verskil 'n admin fooi. Ek sal verseker nooit vir Lekkeslaap of Umdloti letting by enige iemand aanbeveel nie. Jy word skaamteloos bedrieg en wanneer jy kla oor onder ander die beddegoed en skottelgoedrakkie en kombuis. Dan plak hul 'n nuwe skottelgoed rakkie neer, vervang die stort kraan en die vuil beddegoed en vuil kombuis word net so gelaat. Die feit dat die plek nie naasten by ten volle toegerus is nie pla ook niemand van die twee firmas nie. Hulle het almal hulle geld en dis nie een van hulle wat in ongerief moet sukkel en addisionele uitgawes moet aangaan om hul verblyf draagbaar te maak nie. So wegbreek is veronderstel om 'n lekker ervaring te wees nie een waar mens ander mense se plekke moet skoon maak en leefbaar maak nie, en verseker ook nie 'n tyd waar in jy linne, vadoeke en handdoeke moet koop wat jy in die eerste plek nie nodig gehad het nie maar aangesien jy 'n toegeruste plek gehuur het en dus nie jou eie nodig sou hê nie, en boonop ten volle voor die tyd moes betaal vir die verblyf maak hulle dit onmoontlik om jou goed op te pak en ander verblyf te soek. In die toekoms sal ek weet indien iemand nie net 'n deopsito soek vir verblyf nie moet jy weet dis oor hulle weet as jy net die helfte betaal het en die plek sien jy verseker nie daar gaan bly nie.</p> <p>Ek het alle respek vir Lekkeslaap verloor aangesien hulle nie bereid is om op te staan vir hul kliënte nie. ek voel dit is hulle plig om te verseker dat ek die volle bedrag van my deposito terug ontvang. Hulle doen immers besigheid met Umdloti letting en ek het hulle gebruik vir die bespreking. Nou word ek net ingelig dis nie hulle probleem nie en hulle weet nie eers wie die eienaar van die besigheid is om my na iemand te verwys wat moontlik kan help nie. Lekkeslaap se personeel slaap hopelik lekker, wonder of hulle so gelukkig sou gewees het as enige een van hulle in die situasie was of in daai smerige half toegeruste plek moes bly.</p>

0
Replies (3)
Lekkeslaap.co.za
Lekkeslaap.co.za's reply28 Jun 2016, 17:00
Official

Beste Tracey,

Dankie dat jy met ons ****ak gemaak het deur HelloPeter.

Ek vra eerstens groot om verskoning vir die ervaring wat u gehad het, dit klink glad nie lekke nie. Ek wil vir u verseker daarvan dat ek hierdie geval sal ondersoek en verseker die situasie word so spoedig as moontlik reggestel.

Ek sal more oggend met u in ****ak kom met verdere terugvoering.

Lekke Groete,
Jurgens Liebenberg
LekkeSlaap.co.za

lL
loerie L's update29 Jun 2016, 13:10
Reviewer Update

Jurgens Liebenberg spreek van iemand wat kliënt eerste stel en waar dit nie net oor geld gaan nie. Ek is jammer dat ek my tot Hello Peter moes wend maar dit was die enigste manier om die regte persoon in die hande te kon kry. Maar van die oomblik dat Mnr Liebenberg die foto's gekry het en die verblyf ondersoek het het hy opgetree en probeer reg maak wat verkeerd gegaan het. Ek kan eerlik waar sê dat ek absoluut meer diens van sy kant gekry het as wat ek gedink het moontlik is en dat hy hiermee verseker het dat Lekkeslaap 'n lewenslange kliënt verwerf het.

Lekkeslaap.co.za
Lekkeslaap.co.za's reply29 Jun 2016, 13:11
Official

Beste Tracey,

Die slegte ervaring wat u gehad het is vir ons glad nie aanvaarbaar nie.

Elke bespreking is bevestig met 'n e-pos en 'n SMS aan Umdloti Letting. Hulle het ons dus nie in kennis gestel van die feit dat hulle e-pos adres verander het nie, wat vir ons baie kommerwekkend is en verduidelik hoekom hulle nie van u geweet het met aankoms nie. Ons het dus alles in ons vermoe gedoen om vir Umdloti Letting ingelig te hou van u bespreking.

Die breekskadedeposito kan ons duidelik sien op die kwotasie is aangewys as R1000.00, maar ek sien ook hulle het 'n administrasiefooi van R350.00. Ons is dus onseker hoekom hulle vir u ander bedrae gevra het as wat op die kwotasie verskyn. U hoef wel nie hieroor te bekommer nie ons sal dit hanteer en seker maak dat u die volle R1000.00 breekskadedeposito terug kry.

U terugvoering is vir ons verskriklik belangrik en waardevol, want dit laat ons toe om die probleme wat u genoem het aan te spreek en die nodige stappe te neem. Dit is vir ons 'n groot verleentheid om slegte terugvoering te kry van een van ons waardevolle gaste af. Ons sal wel ons beste doen om hierdie situasie uit te sorteer en te verseker die u gelukkig is.

Ons vra weereens innig om verskoning vir die slegte ervaring. Ons verseker u dat ons die situasie verder sal opneem met die instansie om hierdie tipe gevalle in die toekoms te voorkom.

Na aanleiding van die e-pos wat ons direk aan u gestuur het glo ons die situasie is uitgesorteer.

Lekke Groete,

Jurgens Liebenberg

LekkeSlaap.co.za