SD
Sharon D

1 reviews | Active since Sept 2020

02 Jan 2024, 10:23

Lekkeslaap is puik!

Ek het al verskeie kere met Lekkeslaap gebook, Ek het nog net baie goeie diens gekry. Een jaar het ek 'n probleem met die instansie gehad waar ons gebly het, ons krag was af vir meer as 12 ure en ons het dit al gerapporteer aan die instansie maar niks het gebeur nie. Dit was die 1ste Januarie en ek het Lekkeslaap 20:00 ges***el. Die agent was vriendelik en behulpsaam en dit was nie 'n half uur later nie, toe het bestuur my kom sien (nie happy nie) en die krag probleem was uitgesorteer. Daarna het Lekkeslaap my ge****ak om te hoor of die probleem uitgesorteer was. Dankie vir julle puik diens, altyd.

0
Replies (1)
Lekkeslaap.co.za
Lekkeslaap.co.za's reply02 Jan 2024, 13:26
Official
Beste Sharon

Dankie vir jou positiewe terugvoering en lojale ondersteuning! Ons waardeer dit baie. Ons sien uit daarna om nog jare lank deel van jou vakansiebeplanning te vorm. 

Vriendelike groete
Johané