1 reviews | Active since Mar 2023
HOE IS DIT REVERDIG?
Ons het die bespreking 8 Maart gemaak en het dit ten volle betaal vir 3 nagte in 18 Maart uit 21 Maart. Vanoggend 13 Maart moes ons kanseleer. Hulle het gesê ons gaan 50 % van ons deposito verloor, want die kanselasie datum op die kwotasie is 4 Maart. Hulle Ek het nog nooit daarvan gehoor dat 'n kanselasie datum voor die bespekings datum kan wees nie. Al was dit op die kwotasie. Volgens Tihan van Lekker slaap( hy was baie vriendelik en het net sy werk gedoen) is dit die beleid van Die Ark. Ons het nie eers gekyk na die kanselasie datum op die kwotasie nie, want het nooit iets so belaglik soos dit verwag nie. Ons was nie van plan om te kanseleer nie, maar moes a.g.v. 'n situasie buite ons beheer. Ons aanvaar definitief nie Die Ark se aanbod om die datum aan te skuif nie en sal definitief nooit weer lekker slaap gebruik nie! Het gedink omdat ons lekker Afrikaans is sal ons deur hulle werk. Maar as hulle sulke tipe beleite soos wat Die Ark vereis aanvaar is hulle net so gek soos hulle advertensies. Ons gebruik Baie gereeld bookings.com en ek het nou terug gegaan op hulle kwotasies en op elkeen van hulle kon mens die oggend voor 12 die dag van die in teken gratis kanseleer. Hoe is dit regverdig?
Baie dankie dat jy uitgereik het na ons. Ek is werklik jammer oor die ongerief wat veroorsaak is en ons wil kyk hoe ons kan help.
Die kansellasiebeleid spesifiseer dat indien daar minder as 2 weke voor die inkloktyd kanselleer word, sal daar 0% van die deposito terugbetaal word. Julle het op 8 Maart bespreek, dit is dus minder as 2 weke voor die verblyfdatum. Die sisteem pas die kansellasiebeleid aan op julle bespreekte datums om die laaste datum van terugbetaling te spesifiseer sou die bespreking langer vooraf bevestig wees. Die kansellasiebeleid van elke eiendom is beskikbaar op die webtuiste voor navraag, op die kwotasie en dan weer op die bevestiging.
Ons verstaan wel dat sekere gevalle buite jou beheer is en daarom het ons ook 'n SlaapLekke beleid wat gaste beskerm in sekere gevalle. Een van ons vriendelike agente sal met jou in ****ak tree om uit te vind of julle kansellasie deel vorm hiervan
Ongelukkig het die eienaar van die eiendom ander gaste weggewys vir julle bespreekte datums, maar hulle sal 'n terugbetaling oorweeg indien hulle die bespreking vervang. Hulle was reeds tegemoetkomend gewees om te offer dat julle die datums kan skuif sonder om enige gelde te verloor.
Jou agent sal deur die loop van die oggend in ****ak wees sodat ons kan kyk hoe ons kan help.
Groete
Johané