1 reviews | Active since Nov 2024
600 km vir niks – swak diens van Lekker Slaap
Lekker Slaap het ons behoorlik rondgemors 😡
Wat ’n absolute mors van tyd. Ek het ’n plek via Lekker Slaap bespreek wat 4 ure van my huis af is. Ons was reeds 2 ure op pad toe ek ’n oproep kry om te sê die plek se tente (wat ons bespreek het) beskadig is. Die opsies wat toe aangebied is, was: • om my eie kampgoed te bring, of • om ’n ander plek net af in die straat te bespreek teen R200 ekstra.
Ons was toe reeds halfpad. Die agent het gesê sy sal die ander plek se besonderhede stuur, seker maak dit is beskikbaar, en my laat weet. Ek het vir haar gesê dis reg — ek trek af en wag, want ek wil nie onnodig verder ry nie.
Ek wag toe ’n volle uur. Ek bel Lekker Slaap vier keer. Die t****e persoon met wie ek praat sê toe: “Ag jammer, die agent wat jou help is op lunch.” Ek verstaan mense eet lunch, maar hou my ten minste op hoogte. Moenie my vir ’n uur laat sit en wag sonder enige kommunikasie nie.
Net toe ek besluit om huis toe te ry, bel die agent my en sê alles is 100% gereël en ek kan na die nuwe plek toe gaan. Toe, 40 minute voor ek daar aankom, bel die eienaar van die plek my en sê: “Ek weet nie hoe die bespreking bevestig is nie, maar ons het eintlik niks beskikbaar nie.”
Sy was bereid om te probeer help, maar eerlikwaar — ek het geen idee gehad waar of hoe ek sou slaap as ek wel daar aankom nie.
Uiteindelik het ek weer Lekker Slaap gebel en laat weet ek is op pad huis toe, want hierdie hele situasie was ’n totale rondgemors.
👉 600 km gery — heen en weer — vir niks. Ek wonder regtig net: wie gaan my diesel én tolhek-koste vir hierdie trip dek?
Ons is opreg jammer oor die ongerief wat julle ervaar het. Soos aan julle gekommunikeer is, was daar ongelukkig ’n storm in die Nelspruit-omgewing waartydens die tente by Syeta Bush Lodge beskadig is. Sodra die eienaar ons hiervan in kennis gestel het, het ons dadelik met julle ****ak gemaak.
Ons het onmiddellik probeer om alternatiewe verblyf te reël en vra om verskoning vir die vertraging met die bevestiging daarvan. Die ekstra koste vir die alternatiewe verblyf sou deur ons gedek word. Die eienaar van die alternatiewe plek het ook met julle ****ak gemaak om ’n alternatiewe roete te verskaf, aangesien sekere paaie weens die storm beskadig was. Julle het toe aangedui dat julle nie gemaklik was met die alternatiewe roete nie en verkies het om terug huis toe te keer.
Hierdie omstandighede was ongelukkig buite ons, sowel as beide eiendomme se beheer, maar ons verstaan ten volle hoe frustrerend die situasie moes wees.
Soos telefonies bevestig, is ons toegewyd om die situasie uit te sorteer en het dit reeds in persoon met jou bespreek.
Ons vra opreg om verskoning vir die ongerief, tyd en koste wat dit julle veroorsaak het.
Dankie dat julle die saak onder ons aandag gebring het.
Groete,
Nicole

Die voorgestelde alternatiewe roete het ons nie veilig of gemaklik laat voel nie. Verder het dit ons onseker gelaat om na ’n alternatiewe verblyf te gaan waar daar aanvanklik aangedui is dat geen beskikbaarheid is nie, en waar daar later tog versoek is dat ons moes voortgaan. Ek is seker jy sal kan verstaan dat dit, na soveel verwarring, ’n gevoel van onveiligheid en ongemak geskep het.