1 reviews | Active since Mar 2023
Onafgehandelde boedel met baie onregmatighede al vir 7jr en 6md
Die Eksekuteur van my oorlede man se boedel, Mnr Niel Kruger het Me Elvera le Roux aangestel as Agent in 2018. Baie draaie en onregmatige optrede het daarna gevolg. Sy het die eksekuteurs fooi van R101 000 reeds gevat in 2021, sonder d Meester se toestemming en so ook Agent fooi waarop sy nie geregtig was nie omdat sy nie die boedelfondse belê het nie en boonop het sy elke md vir meer as 5jr 53.8% agente fooi op d boedel se maandelikse rente gevat. Sy het intussen bedank as Agent maar het reeds die eksekuteurs fooi en agent rente gevat. Ek baklei al vir 7jr en 6md vir geregtigheid en uiteindelik het die Meester haar nou verplig om die eksekuteurs fooi terug te betaal. Dis nog lank nie d einde aan die boedel en al die oneerlikheid nie. Geregtigheid sal geskied en dit was die ergste ervaring wat ek al ooit beleef het. Om vreemde mense in vertroulike mags posisie te sit en dit nadat jy jou lewensmaat verloor het is die grootste fout wat ek en my oorlede msn gemaak het.
