1 reviews | Active since Dec 2017
Unproper business practices
No answer received on following letter and Mr Loutjie Nel keep on demanding payment as if the work has been done as agreed. Goeidag Mnre LDN Konstruksie, Insake Meyerstraat 208 Wierdapark: Drein wat reggemaak is op 23 September 2017. Kort agtergrond Die eerste ”faktuur” is uitgereik voor die werk gedoen is en omdat niemand onder die grond kan sien nie is ooreengekom dat dit gebasseer word op die maksimum moontlike werk wat ons dink gedoen moet word. Hierdie “faktuur”is en word nog steed gesien as ‘n kwotasie. Daar is verder mondeling ooreengekom dat ‘n gespesifiseerde faktuur uitgereik sal word wat die werk wat werklik gedoen is sal reflekteer en spesifiseer. Op die eerste faktuur het ek ter goeder trou vinnig sonder kibbeling R 18 350.00 betaal. Hoofsaaklik omdat ek onder die indruk was die werk is gedoen soos oorspronklik ooreengekom. Verder moes Mnre LDN Konstruksie ook teruggaan na die tyd (2 Oktober) om swak werk oor te doen. Dit is toe dat ek ingelig is dat hy nie self die werk gedoen het nie maar gesub****rakteer het. Ek kon ook sien op ‘n foto voorsien deur hom dat die werk anders gedoen is as ooreengekom. Daar is ook ander ooreenkomste wat nie nagekom is nie soos onder andere dat ‘n sertifikaat van voldoening verskaf sal word. Van die datum af konfronteer ek hom met en vra vir aanpassing van die prys. Die faktuur wat die werklikke werk behels het ek daarom by verskeie geleenthede van toe af aangevra en tot nou toe nie ‘n antwoord gekry nie. Die feit dat die saak nog nie afgehandel is nie is dus net die skuld van Mnr Loutjie Nel. Mnre LDN Konstrukie ignoreer ook die belangrikste ooreenkomste en hou vol om die uitstaande bedrag van die eerste faktuur opgestel toe niemand onder die grond kon sien nie te eis. Onaanvaarbare pogings tot intimidasie, verpesting en dreigemente is aangewend om die geld te verkry. Dit terwyl daar duidelik uitgespel is dat die faktuur aangepas moet word aangesien baie minder werk gedoen is as aanvank lik antisipeer (30 meter pyp is gelê waar 48 meter aanvanklik beplan is – dit beteken dat 30/48 van die werk gedoen is wat faktuur se aanpassing na bedrag van R14 250.00 kan regverdig. Let wel R18 350.00 is reeds betaal). Wat nou? Aangesien ek nou al mnre LDN Konstruksie verskeie geleenthede gebied om die saak reg te stel en gegewe die bogenoemde ongewenste besigheidspraktyke asook die tydsverloop is hierdie die laaste skrywe wat ek aan Mnre LDN Konstruksie rig uit ordentlikheid. Ek is nie meer bereid om myself bloot te stel aan pogings tot intimidasie en ander praktyke nie. Die volgende oplossing word gesien as finaal. Ek verwag: 1. ‘n Faktuur wat aantoon dat die volle bedrag vir die werk betaal is (met ander woorde dat die R18 350.00 die volle bedrag is en geen geld meer uitstaande is nie en, 2. ‘n Skriftelikke epos verskoning oor die ongewenste optrede van Mnre LDN Konstruksie en, 3. ‘n WhatsApp verskoning aan my huurder en sy vrou oor die slegte gedrag en ongewenste optrede teenoor hulle. Indien nie voor Maandag ontvang nie sal hierdie brief geplaas word op hellopeter.com. Ander soortgelyke webbladsye sal ook gebruik word om die saak onder soveel mense as moontlik se aandag te bring. Ek bied Mnre LDN Konstruksie (Loutjie Nel) uit ordentlikheid nou ‘n laaste geleentheid sonder emosie en gebaseer op die feite om die saak reg te stel.
